Windhoek Woordfees woeker binnekort weer met woorde
Lloyd Zandberg
Afrikaans in al sy kunsvorme word weer binnekort in Windhoek, asook op Omaruru en Swakopmund gevier wanneer die Windhoek Woordfees van 31 Julie tot 4 Augustus plaasvind.
Die 2018 feesprogram is Donderdag amptelik in die hoofstad bekend gestel. Vanjaar is dit die sesde keer wat dié fees aangebied word.
Soos in die verlede is FNB Namibia weer die hoofborg. Me. Sanja van den Berg, spesialis in digitale transformasie en innovering by FNB Namibia, sê dié handelsbank is opgewonde oor sy verbintenis met die fees.
“Dis vir ons 'n voorreg om vanjaar weer as een van die hoofborge vir die Windhoek Woordfees op te tree. Afrikaans is 'n taal wat nog baie aktief in die Namibiese gemeenskap gepraat word. Dis wonderlik om te sien hoe die taal konstant aan die ontwikkel bly. Ons is baie trots om by die Windhoek Woordfees betrokke te wees en opgewonde om van die produksies by te woon,” het Van den Berg gesê.
Dr. Chrisna Beuke-Muir, voorsitter van die Windhoek Woordfees, het van die geleentheid gebruik gemaak om al die borge vir hul ondersteuning en geloof in die fees te bedank.
“Elke jaar is ons verheug om te sien hoe vrygewig mense en besighede is. Ons is onsettend dankbaar vir FNB en Republikein wat weer eens as media- en hoofborge optree. Sonder hierdie toevoegings kan die Woordfees glad nie bestaan nie.” Die hoofborg vir die verblyf van die kunstenaars is Hillside Executive Accommodation.
“Vanjaar het ons belangstelling vanuit die buiteland en Suid-Afrika gekry van kunstenaars wat in ons land wil kom optree. Dit was wonderlik om te weet dat die Windhoek Woordfees al buitelandse kunstenaars lok,” het sy gesê.
Skrywersgesprekke, kul- en digkuns, boekbekendstellings, puik teater en musiekvertonings is waarna belangstellendes kan uitsien.
Sy het voornemende feesgangers uitgenooi om die Windhoek Woordfees se webtuiste te besoek vir die volledige program, inligting oor die kunstenaars en produksies en om aanlyn kaartjies te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie