Windhoek word kern vir inligting oor klimaat
Die wetenskaplike dienssentrum vir Suider-Afrika gaan in die hoofstad gehuisves word.
Augetto Graig
Verskeie Afrikalande het gister by die Hilton Hotel in die hoofstad hul toewyding aan die Sasscal-vennootskap met Duitsland bevestig.
Sasscal is die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur.
Die Afrikalande wat dié vennootskap bevestig het, sluit Namibië, Angola, Zambië, Botswana en Suid-Afrika in.
Sasscal het sedert 2012 altesaam 88 navorsingsprojekte met behulp van finansiering van Duitsland in die Suider-Afrikaanse lidlande voltooi.
By gister se geleentheid is 'n verdrag onderteken waarvolgens Sasscal omskep sal word in 'n internasionale organisasie wat deur Afrikalidlande gefinansier sal word.
Die dienssentrum se hoofkantoor sal in Windhoek wees.
Volgens Namibië se minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, is die land tot Sasscal verbind, wat tans as 'n artikel 21-nieregeringsorganisasie in Namibië geregistreer is.
Sasscal speel 'n belangrike rol in die streek se soeke na wetenskaplike oplossings vir die impak van klimaatsverandering en in die verbetering van lidlande se burgers se lewensgehalte, het !Naruseb gesê.
Die minister het dié verdrag namens Namibië onderteken.
Minister Maria do Rosario Bragança Sambo het namens Angola geteken, hoë kommissaris Tshenolo Modise namens Botswana, hoë kommissaris Stella Libongani namens Zambië en prof. René Haak namens Duitsland.
Suid-Afrika is nie by die geleentheid verteenwoordig nie en sal die verdrag in 'n latere stadium onderteken.
Volgens Sasscal se uitvoerende direkteur, dr. Jane Olwoch, is die uitgerekte droogtes en skielike vloede in Suider-Afrika direkte gevolge van klimaatsverandering.
Met die ondersteuning van die betrokke Suider-Afrikaanse lande sal Sasscal nou toegang tot verskeie befondsingsgeleenthede hê, het Olwoch gesê.
“Dit is nou ons verantwoordelikheid om toepaslike wetenskaplike inligting aan julle te verskaf sodat julle doeltreffende besluite kan neem,” het sy gesê.
Me. Anna Shiweda, Sasscal se adjunkvoorsitter en Namibië se adjunkminister van landbou, water en bosbou, het gesê klimaatsverandering is 'n ernstige wêreldwye verskynsel wat streek- en plaaslike ingryping vereis.
Haak, wat Duitsland se ministerie van hoër onderrig verteenwoordig het, het gesê hulle is toegewy aan 'n langtermynverhouding met Sasscal vir minstens die volgende 10 jaar.
Hy het gesê 'n versoek vir €10 miljoen se finansiering vir 'n tweede ronde navorsingsprojekte oor die volgende drie jaar is reeds gerig.
Die Duitse ministerie het ook €3 miljoen toegestaan aan opleiding en kapasiteitsbou om inligting van beter gehalte te kan insamel.
Haak het gesê die Sasscal-hoofkantoor sal Windhoek in 'n datakern vir die streek omskep.
Hy is veral trots daarop dat Sasscal reeds opleiding aan meer as 160 jong wetenskaplikes in die Afrikalidlande verskaf het.
Die sentrum spog ook met 154 outomatiese weerstasies in die onderskeie Afrikalidlande en 54 biodiversiteits-moniteringstasies, wat onmiddellike data kan verskaf.
Die rou data word verwerk en omskep in dienste en produkte gemik op die verligting van klimaatsverandering in die streek se impak.
Sasscal bied reeds landbouprodukte soos nuwe saadtipes vir gewasse in Angola, ontbossingsoplossings in Botswana en byeboerderytegnieke in Zambië. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie