Windhoekers spaar te min water
Windhoekers het die afgelope week die waterbesparingsteikein wéér met 7% oorskry en 498 000 m³ water gebruik. Die teiken is tans 465 000 m³ per week en sluit 15% se waterbesparings in, wat verpligtend sedert 1 Mei vanjaar is.
Die teiken vir waterbesparing is ook die vorige twee weke oorskry. In die week wat op 23 Oktober tot 'n einde gekom het, is 5% méér water gebruik en die week voor dit is 12% te veel water gebruik.
Die munisipaliteit waarsku nog baie warm weer word in die komende dae vir Suider-Afrika voorspel. “Hou asseblief in gedagte dat Windhoek steeds ‘n ernstige waterskaarste ervaar. Oorweeg ook om bekostigbare vloeireguleerders in badkamers te installeer om storte en baddens meer waterdoeltreffend te maak,” het die munisipaliteit in ‘n kennisgewing gesê.
Die foto wys die Von Bachdam, wat nog net 37,5% water oor het. Dit is een van drie damme wat Windhoek van water voorsien. Die Omatakodam is egter reeds leeg terwyl die Swakoppoortdam 5,6% water oor het. Foto Elvira Hattingh.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie