Windhoekse skoolhoof erg aangerand, beroof toe sy met honde stap
Windhoekse skoolhoof erg aangerand, beroof toe sy met honde stap

Windhoekse skoolhoof erg aangerand, beroof toe sy met honde stap

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die skoolhoof van die Windhoek Internasionale Skool, me. Margarete Reiff (57), is kort gelede in die Lady Pohamba private hospitaal opgeneem nadat sy erg beseer is toe sy deur vier mans in Pionierspark aangerand en haar voertuig gekaap is.
Reiff het vroegoggend haar honde laat stap terwyl sy stadig langs hulle gery het. Toe sy stilhou en uitklim om die honde in te laai, het die mans haar oorval en aangerand.
Volgens Sean Naudé van Namibia Marshall Rangers wat haar hospitaal toe geneem het, is sy so erg in die gesig met vuiste geslaan dat sy steke moes kry.
Die mans het haar van haar persoonlike besittings beroof en haar gedwing om die persoonlike identifikasienommer (PIN) van haar bankkaart vir hulle te gee. Hulle het daarna in haar wit Suzuki Jimny met die registrasienommer N61300W weggejaag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!