Windplaas by Lüderitz nader voltooiing
Tanja Bause - Die oprigting van die eerste van drie windturbines by die Ombepo Windpark buite Lüderitz nader voltooiing.
Die drie windturbines sal elk 2 MW krag lewer. Die Ombepo Windplaas is 'n ontwikkeling van die Namibies-geregistreerde maatskappy InnoSun, wat uit Namibiese en Franse aandeelhouers bestaan. Die Lüderitz-dorpsraad het 5% aandele in die windplaas.
Finansiering van die projek word deur InnoSun gedoen met behulp van 'n lening van die Ontwikkelingsbank van Namibië. Die totale belegging beloop sowat N$180 miljoen.
Aan die drie 80 m hoë torings word 'n 70 ton-kragopwekker en lemme van 43 meter elk vasgemaak. InnoSun gebruik 'n 700 ton-hyskraan om die torings en turbines te installeer.
“Die kragopwekker is die eerste in Afrika wat nie 'n ratkas het nie. “Sondag het ons die 70 ton-kragopwekker 80 meter in die lug opgelig om dit bo-aan die toring vas te maak. Nou gaan ons die lemme op die grond aanmekaarsit en dan, sodra die wind dit toelaat, oplig en vasmaak. Ons werk wanneer daar nie wind is nie, al moet ons elke Sondag of selfs snags werk,” het mnr. Jan-Barend Scheepers, projekbestuurder van InnoSun, gesê.
InnoSun het 'n kragleweringsooreenkoms van 25 jaar met NamPower deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se ReFIT (tariefprogram vir interim hernubare energieterugvoering) onderteken.
ReFIT gee aanlegte wat hernubare energietegnologie voorsien, toegang tot die elektrisiteitsnetwerk en laat hulle toe om elektrisiteit teen 'n vasgestelde prys aan die nasionale kragvoorsiener te verkoop.
“Die maatskappy gaan voort om aan toekomstige energieprojekte te werk wat Namibië se hernubare energiebydraes tot die nasionale kragnetwerk sal versterk,” het hy gesê.
InnoSun het in 2015 'n 4,5 MW-sonkragplaas by Omburu naby Omaruru en in 2016 'n 5 MW-sonkragaanleg by Osona naby Okahandja ontwerp, ontwikkel en opgerig. “Dus gee InnoSun reeds 9,5 megawatt se krag aan die nasionale kragnetwerk,” sê hy.
Die installering van die Ombepo Windplaas, die eerste ooit in Namibië, sal teen einde van die maand voltooi wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie