Winkel se betaalsakke help herwinning
Winkel se betaalsakke help herwinning

Winkel se betaalsakke help herwinning

'n Winkelgroep se veldtog wil die verantwoordelike gebruik van plastieksakke aanmoedig.
Francoise Steynberg
Die winkelgroep Pick n Pay (PnP) Namibia het Dinsdag N$195 000 se wins wat hulle uit die verkoop van plastieksakke in hul winkels maak, ten bate van herwinning geskenk.

Die wins wat hulle in Junie en Julie gemaak het, is aan die Recycle Namibia Forum (RNF) oorhandig.

As deel van die Ohlthaver & List (O&L)-groep het die winkelgroep sedert 1 Junie 50c per plastieksak vir sy Plastic or Planet-veldtog gehef.

Volgens 'n O&L-nuusverklaring is die doel van die veldtog om die verantwoordelike gebruik van ­plastieksakke aan te moedig.

“Dis jammer dat plastieksakke 'n negatiewe onderwerp vir die omgewing geword het, terwyl dit nie plastiek is wat die probleem is nie, maar eerder mense se gedrag en hul gebruik van plastiek wat 'n impak op die planeet het,” het PnP Namibia se bemarkingsbestuurder, me. ­Victoria Möller, gesê.

“Dit het ook tot die heffing op ­plastieksakke gelei om die meer verantwoordelike gebruik van ­plastieksakke aan te moedig.”

Herbruikbare sakke is by PnP ­beskikbaar, asook dikker, sterker, herbruikbare plastieksakke.

Van die 50c is 7c ten bate van die RNF.

Volgens me. Anita Witt, koör­dineerder van die RNF, sal die geld aangewend word om omgewingsvolhoubaarheid te bevorder.

Dit sluit 'n herwinnings­kompetisie vir skole, gemeenskapskoonmaak- en aanlyn ­bewusmakingsveldtogte in.

“Die RNF het reeds duisende mense op alle vlakke landswyd bereik,” sê Witt.

Dr. Selma Lendelvo, gasspreker en omgewingsnavorser aan die Univer­siteit van Namibië (Unam), het ­bevestig dit is nie plastiek self wat 'n omgewingsprobleem is nie, maar menslike gedrag.

“Dit is ons verslawing aan ­plastieksakke en die traak-my-nieagtige houding waarmee ons dit gebruik, wat die probleem is,” sê sy.

“As Namibiërs moet ons ons houding oor afval heroorweeg en ons moet volhoubare maniere vind om inkomste uit groen werksgeleent­hede in afvalbestuur en herwinning te kry.”

Lendelvo sê saam met die heffings op plastieksakke moet die herwinning van plastiek 'n saak van erns vir almal wees “om ons planeet te red”.

Oor die regering se amptelike heffing van 50c op plastieksakke, het Möller aan Republikein bevestig sodra die gewysigde doeane- en aksynswet van krag word, gaan PnP dit wel gehoorsaam.

Die regering se inkomste uit ­omgewingsheffings, wat reeds in die Staatskoerant gepubliseer is, sal aan die ­Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) gaan, wat dit in verbeterde ­afvalbestuur sal herbelê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!