Winkels se Kersfees-treurmare duur voort
In vyf van die sewe kleinhandelkategorieë wat gemeet wod, het winkels swaar getrek.
Hanlie Stadler – Dit was ’n droewige Kersfees vir Suid-Afrika se kleinhandelaars.
Verkope in Desember 2018 was in konstante 2015-randwaarde 1,4% laer as in Desember 2017, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag bekend gemaak.
Die maatstaf van konstante randwaarde sluit die uitwerking van prysstygings grootliks uit en weerspieël dus in watter mate kleinhandelaars hul volume verkope kon verhoog.
Die daling is die eerste jaar-op-jaar-daling in kleinhandelverkope in 22 maande, sedert Februarie 2017.
In vyf van die sewe kleinhandelkategorieë wat SSA meet, het winkels swaar getrek. Verkope is die meeste afgetrek deur die swak verkope van klere en skoene (-2,7%) en selfs by algemene handelaars (-1%). Laagenoemde - die winkels waar Suid-Afrikaners die meeste van hul kosinkopies doen - het die swaarste gewig (meer as 42%) in die indeks.
Die nuus het alle kleinhandelaar se aandeelpryse verder geknou nadat die maatskappye se eie handelsverklarings beleggers reeds die afgelope paar weke ontstel het. Teen namiddag het Shoprite en Mr. Price met 3% gedaal, Truworths en TFG met 2,5%, Woolworths met 1,6%, Massmart met 1,2%, Pick n Pay met 1% en Pepkor met 0,4%.
Tussen November – wanneer Swart Vrydag- en Kuber-Maandag-winskopies baie verbruikers lok – en Desember het verkope met ’n erge 2,8% gedaal. Dis die tweede Desember in ’n ry dat verkope tussen November en Desember daal. Selfs in huidige randwaarde het verkope tussen dié twee maande gedaal – met 4,8%.
Lara Hodes, Investec-ekonoom, beskryf dit as die “kannibalisering” van Desember-verkope.
Die swak verkoopsyfers beteken volgens Hodes wel dat verbruikers lae prysstygings sal beleef soos wat winkels meeding vir hul rande.
Vir die hele laaste kwartaal was verkope ’n skrale 0,8% hoër as in die vorige kwartaal. Dié syfer gaan ’n belangrike positiewe rol speel in die syfers vir ekonomiese groei wat SSA in Maart uitreik vir die laaste kwartaal van 2018 en ook vir die voljaar.
Vir die volle 2018 was kleinhandelverkope 2,1% hoër as in 2017. Die grootste bydraes tot dié styging was die 7,6%-styging in die verkope in die kategorie “ander” kleinhandelaars en die 10,6%-styging in verkope van huishoudelike meubels en toestelle.
Die kategorie “ander” is moeilik om te peil. Dit sluit in sowel luukse besteding (juweliers en boekwinkels) as winkels wat gebruikte goedere verkoop.
Dis wel goeie nuus as verbruikers meer meubels en toestelle, sogenaamde semi-duursame goedere, koop aangesien dit ’n teken van stygende verbruikersvertroue en ’n verbetering in verbruikers se geldsake kan wees.
Die FNB-ekonoom Siphamandla Mkhwanazi sê die bank is verras deur hoe swak die syfers is.
“As ons vorentoe kyk, verwag ons dat die skerp daling in die Desember- en Januarie-petrolprys en die geleidelike styging in krediet-opneming deur verbruikers (veral ongesekureerde krediet) kleinhandelverkope oor die volgende paar maande sal ondersteun.”
Johannes Khosa en Dennis Dykes van Nedbank se ekonomiese eenheid stem saam dat kleinhandelverkope effens kan styg, ook danksy laer inflasiekoerse. Die styging in die rentekoers in November en “brose verbruikersvertroue” sal besteding egter gedemp hou.
“Dié syfers, tesame met die meeste ander onlangse data, dui daarop dat die ekonomiese herstel swak en oneweredig bly.
“Daar is nog geen teken van enige vraaggedrewe druk op pryse nie.”
Khosa en Dykes verwag dat inflasie relatief laag sal bly en daarom verwag hulle geen rentekoersverhoging voor November nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie