Winmar se manne streef na beter
Winmar se manne streef na beter

Winmar se manne streef na beter

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die soms onrealistiese hoë verwagtinge van die jong groep Windhoek Draught Welwitschias wat tans van die meeste van hul ervare spanlede ontneem is, word môre opnuut beproef in hul laaste wedstryd in die SuperSport uitdaagreeks.

Die Steval Pumas is net so 'n kragtige span, wat die ontmoeting in Johannesburg met 64-8 gewen het.

Afrigter Lyn Jones se manne sal streef om die lesse ter harte te neem wat die Goue Leeus laas naweek uitgedeel het toe hulle sestig punte in die tweede helfte opgestapel het en met 84-0 gewen het.

Vir die tweede wedstryd sal die Namibiërs deur Winmar Rust op die veld gelei word, met die skrale hoop wat gister tot 'n einde gekom het dat Rohan Kitshoff dalk betyds van sy beenbesering kon herstel om 'n terugkeer te maak.

Agterlangs is Francois Wiese se insluiting in die 12-trui 'n bonus vir die onervare jongelinge wat laas naweek aan die diep kant ingegooi is. Dit bring mee dat Janry du Toit uitskuif vleuel toe in die plek van Collins Omalu.

Jones het vandeesweek daarop gewys dat sy span in die eerste wedstryd teen die Pumas beide helftes met net 13 spelers afgesluit het. Selfs laas naweek het die druk van die Goue Leeus tot twee geel kaarte vir die tuisspan gelei.

“Hopelik kan ons hierdie keer voltallig bly . . . ons het dit nodig as ons kompeterend wil wees.”

Vir dié wedstryd wat regstreeks op SuperSport 1 vertoon word, moes die Pumas se hoog gerekende afrigter Brent Janse van Rensburg gister 'n laat verandering aan sy span aanbring. Die vurige flank Brian Shabangu sal tuisbly en word in die beginspan deur Francois Kleinhans vervang.

Ter viering van die Dag van die Afrika-kind het die Namibië Rugby-unie aangekondig dat toegang vir kinders môre kosteloos is. Boonop word 'n kompetisie net vir kinders aangebied met die voorste ondersteuner wat 'n prys met die komplimente van Republikein sal losslaan.

'n Koeldrankprys is op die spel vir die mees aanmoedigende banier in die pawiljoen.



Die spanne:

Welwitschias: 15 David Philander, 14 Russell van Wyk, 13 Ethan Beukes, 12 Francois Wiese, 11 Janry du Toit, 10 Dirk von Weidts, 9 JC Winkler, 8 Adriaan Booysen, 7 Thomasau Forbes, 6 Winmar Rust (kapt), 5 Max Katjijeko, 4 Denzil van Wyk, 3 Andries Rousseau, 2 Obert Nortjé, 1 Desiderius Sethie.

Reserwes: Niël van Vuuren, Christo McNish, Herman Grobler, Muniovita Kasiringua, Roderique Victor, Helarius Kisting, Mahco Prinsloo.

Steval Pumas: 15 Devon Williams, 14 Jerome Pretorius, 13 Hennie Skorbinski (kapt), 12 Ryan Nell, 11 Jean-Paul Lewis, 10 Kobus Marais, 9 Emile Temperman, 8 Carel Greeff, 7 Nardus van der Walt, 6 Francois Kleinhans, 5 Hugo Kloppers, 4 Tazz Fuzani, 3 Marne Coetzee, 2 Frank Herne, 1 Khwezi Mona.

Reserwes: Mark Pretorius, Jacques Kotze, Jannie Stander, Willie Engelbrecht, Reynier van Rooyen, Sias Ebersohn, Gerrit Smith.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!