Winnie Madela sterf
Winnie Madela sterf

Winnie Madela sterf

Ronelle Rademeyer
Die vuurvreter ANC-politikus me. Winifred (Winnie) Madikizela-Mandela is vroeër vandag in die ouderdom van 81 jaar in Suid-Afrika dood.
Haar persoonlike assistent, Zodwa Zwane, het die vryheidstrydaktivis se afsterwe vanmiddag aan die media bevestig en gesê die familie sal later vandag 'n verklaring uitreik.
Sy is in 1936 in die Oos-Kaap gebore en het ná matriek na Johannesburg verhuis om as 'n maatskaplike werker te gaan studeer.
Sy het mnr. Nelson Mandela in 1957 ontmoet en hulle is 'n jaar later getroud. Twee kinders is uit dié huwelik gebore.
Hy is in 1963 lewenslange tronkstraf weens hoogverraad opgelê, maar hulle is eers in 1996 geskei.
Sy het ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 'n lid van die parlement geword en is as die adjunkminister van kuns en kultuur aangestel. Pres. Mandela het haar egter ná 'n ongemagtigde reis na Ghana afgedank.
Sy het egter aangebly as 'n lid van die parlement, maar is die laaste jare selde in die parlement gesien, berig timeslive.co.za.
Foto: Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!