Winter breek sonder tydsverandering aan
Estelle de Bruyn - Nadat die wet op Namibiese tyd verlede jaar in werking getree het, sal Namibië vanjaar nie op die eerste Sondag in April die horlosie moet stel vir die wintertydsverandering nie.
Die land bly op die GMT plus twee ure tyd.
Nadat die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad die wetsontwerpe verlede jaar aanvaar het, is dit deur pres. Hage Geingob in wetgewing onderteken.
Die voormalige minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het in Februarie verlede jaar vir die eerste keer die wetsontwerp na die NV gebring waarin Namibië terugkeer na een standaard en die dus weggedoen word met verskillende winter- en somertye en net een standaard tyd hê: twee ure ná Greenwich-mediaantyd (GMT).
Met die motivering van die wetsontwerp in Iivula-Ithana verduidelik dat sogenaamde wintertyd ingevolge die wet op Namibiese tyd van 1994 tot standgebring is.
In Oktober 2015 het die kabinet haar ministerie opdrag gegee om die publiek oor die 1994 wet te raadpleeg. Dit het gevolg nadat sekere sektore gekla het dit beïnvloed hulle sakebelange, vryetydsbesteding en akademie.
Reisigers by grensposte is ook geraak waar mense minstens 'n uur moet wag voor grensposte open.
Sy het uitnodigings aan die publiek by wyse van advertensies in koerante en staatsinstansies gerig om hul menings oor die tydverandering te lug.
Teen die sperdatum van Februarie 2016 is 3 507 menings ontvang. Hiervan was 3 396 van individue, 14 van kantore, agentskappe en ministeries van die staat, twee van akademiese instansies, NUST en UNAM, 37 van maatskappye en 60 van families.
'n Oorweldigende 3 069 was ten gunste daarvan om net somertyd te behou en 304 wou hê dat somer- en wintertyd moes bly.
Sakeondernemings was van mening dat hul skade lei omdat hulle buite die normale sake-ure van veral Suid-Afrika, die land se belangrikste handelsvennoot, moes sake doen.
Die feit dat Zambezi nie in die winter dieselfde tyd as die res van die land gehad het nie, het administratiewe hoofbrekings meegebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie