Winterreën dalk op pad
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerdiens sê Namibiërs kan koue en nat weer vroeg in die komende week verwag. Dit is die gevolg van ’n intense afsny-laedrukstelsel wat besig is om wes van die kus oor die Atlantiese Oseaan te ontwikkel.
Weervoorspeller Odilo Kgobetsi het vandeesweek aan Nampa gesê dat koeler tot koue weer tussen volgende Maandag en Woensdag verwag kan word. Volgens Kgobetsi word ’n afsny-laedrukstelsel geassosieer met sterk atmosferiese onstabiliteit en kragtige opwaartse lugstrome. Dit lei tipies tot uiterste weersomstandighede, wat soms stortreën, sneeu op die bergagtige gebiede en ’n sterk wind tot gevolg het.
Vir Namibië beteken dié laedrukstelsel egter moontlike onstabiele weer, wat donderstorms en reën oor die kus, sentrale, oostelike en suidelike dele van die land tot gevolg kan hê. Dit mag ook met sterk winde gepaardgaan.
Sonnige toestande word egter in die Noorde verwag, terwyl sentrale, oostelike en suidelike dele by tye gedeeltelike bewolkte weer kan verwag. Hoofsaaklik hoë-vlak wolke genaamd cirrus, kan voorkom.
“Veral die Suide kan onstabiele weer en enkele reënbuie verwag. Langs die kus kan gedeeltelike bewolkte toestande periodiek voorkom, met miskolle in die oggende en aande,” het Kgobetsi gesê.
Dié voorspelling stem ooreen met dié van AccuWeather, waarvolgens Windhoek Dinsdag ’n 41% kans op reën het asook ’n 25% kans op Woensdag. Geen reën word tussen volgende Maandag en Woensdag vir Aus, Keetmanshoop of Mariental voorspel nie.
Weather.com voorspel vir volgende Dinsdag ’n 30% kans op middagreën vir Windhoek en slegs gedeeltelike bewolkte weer vir Keetmanshoop op dieselfde dag.
– Nampa en eie berig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie