Wintertoer toets jou eie grense
Bergfietsry
Die jaarlikse Wintertoer vir bergfietsryers is vroeër vandeesmaand afgehandel.
Vanjaar het die roete oor nagenoeg 280 kilometer in drie dae gestrek. Op dag 1 het ryers vanaf die Matchlessmyn se afdraai op die Daan Viljoenpad tot by die Wilhelmstal padstal gery om ’n afstand van 130 km, of ’n gedeelte daarvan, te voltooi.
Dag 2 se roete was vanaf Omaruru tot by Erindi oor ’n afstand van 60 km en dag 3 was vanaf Erindi tot by Okahandja oor ’n afstand van 85 km.
Die toer gee bergfietsryers die geleentheid om hulself te toets en ’n afstand te probeer aflê wat vir hulle nog net ’n droom was. Dit was wel weer die geval en sommiges kon hierdie droom vervul. Tyd of posisies is nie ’n faktor nie en dit skep ’n mate van “rustigheid” by die ryers wetende dat hulle kan op die afstand fokus.
Vanjaar het 22 ryers die toer aangepak en is bygestaan deur hul ondersteuningsgroep van ongeveer nege mense.
Die toer het vanjaar weer ’n groot hupstoot gekry van ’n borg wat verkies om anoniem te bly. Dié gebaar het dit vir die organiseerder Johan Fourie moontlik gemaak dat ryers vergoed kon word vir die feit dat hulle iets aangepak het wat vir hulle net ’n gedagte of ’n droom was.
“Ek het die toer in 2015 begin om ryers wat normaalweg getalle by resiese volmaak, die geleentheid te gee om iets groots aan te pak en ongeag wat hulle kon bereik daarvoor beloon te word,” sê Fourie.
Hy het sy dank teenoor die volgende borge uitgespreek: Onyati Meat, Spar Grove, Antonio Simoes (drankies), USN, Erindi Camp Elephant, Kashana Lodge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie