Wis ongeregtighede uit vir versoening, su00ea Cyril
Wis ongeregtighede uit vir versoening, su00ea Cyril

Wis ongeregtighede uit vir versoening, sê Cyril

Sanet de Waal
Cara-Lee Dorfling

Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika kan nie ’n nasie van versoening wees as die meerderheid van Suid-Afrikaners steeds onder die ongeregtighede van die verlede ly nie.

Ramaphosa het Sondag in Mthatha in die Oos-Kaap by Versoeningsdag-vieringe gepraat, waar hy grootliks verwys het na die ongeregtighede wat steeds in die land ervaar word.

Hy het na die gronddebat as een van die brandpunte van versoening verwys en gesê die meerderheid van die land se grond is steeds in die hande van ’n klein hoeveelheid inwoners.

Hy het gesê ondanks ’n uitgebreide grondhervormingsprogram het die regering nog nie veel vordering om hiervoor te wys nie. Hy het onderneem dat meer gedoen sal word om hul pogings van grondhervorming te verskerp.

“Die regverdige verspreiding van grond is ’n voortdurende begeerte van die meerderheid Suid-Afrikaners. Toegang tot grond is ’n burgerlike reg; dit bemagtig nie net gemeenskappe nie, dit verhoog voedselsekerheid, veral vir mense in landelike gebiede.

“Grondhervorming is dus in geheel deel van nasiebou. Dit is belangrik vir die versoening van ons land en staan sentraal om onregverdigheid in ons gemeenskappe uit te skakel,” het Ramaphosa gesê.

VRYHEID EN GELEENTHEDE

Gelyke toegang tot gesondheidsdienste, skole en werkgeleenthede is volgens Ramaphosa nog ’n faktor wat versoening sal bevorder.

“Versoening beteken dat elke jong Suid-Afrikaner die vryheid en geleentheid het om ’n studierigting van hul keuse te volg, te woon waar hulle wil, om ’n betekenisvolle werkgeleentheid te bekom, en om in gemaklike en veilige omstandighede te woon.”

Hy sê die regering belê ook groot om toegang tot tersiêre onderrig vir studente vanuit arm families moontlik te maak.

Ramaphosa het gesê hoewel Versoeningsdag vir onderskeie Suid-Afrikaners verskillende betekenisse het, moet almal saamwerk om versoening te bereik.

“Vir sommige is dit die Slag van Bloedrivier, wat presies 180 jaar gelede gebeur het. Vir sommige was hierdie ’n belangrike oomblik van oorwinning en ’n bevestiging van wat hulle as God se spesiale beskerming van die Voortrekkers gesien het.

“Vir ander verteenwoordig dit die dood van meer as 3 000 Zoeloe-krygers, by die Ncomerivier, ’n donker dag waar die inheemse bevolking van Suid-Afrika wreed verpletter is en hul grond oor die loop van ’n vuurwapen afgevat is.”

STIGTING VAN ANC

Hy sê dit is ook die dag in 1961 wat Umkhonto we Sizwe (MK), “die mense se weermag”, gestig is.

“Met die aanbreek van demokrasie het dié dag ’n dag van versoening vir ons almal geword.

“Die is die dag waarop die Voortrekkers besluit het om wraak te neem teen die Zoeloe-nasie, ’n dag waarop ook die African National Congress hul MK gestig het, en later het dit as ’n heldedag bekend gestaan, maar ons het besluit om dié dae saam te vat en versoening te vra.

“Hierdie was nie bloot ’n naamsverandering nie, dit is ’n aanvaarding deur alle Suid-Afrikaners van die waardes wat ons demokrasie definieer, want ons demokrasie is op een besluit gebou; in stede van die oorlog, het ons vrede gekies, in plaas van onenigheid, het ons eenheid gekies, en die belangrikste van alles, het ons versoening in plaas van wraak gekies.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007