Wit boere in Zim kan grond nou 99 j. huur
Die knou wat aggresiewe grondhervorming die Zimbabwiese ekonomie toegedien het, het die regering nou meer genaakbaar vir wit kommersiële boere gemaak.
Pres. Emmerson Mnangagwa, wat Robert Mugabe in November verlede jaar as president vervang het, probeer nou sy bes om weer lewe te blaas in die land se swak ekonomie deur beleggings te lok en werkgeleenthede te skep.
Minder as 200 wit kommersiële boere is nog produktief in Zimbabwe nadat Mugabe in sy termyn as president meer as 4 000 wit boere in ’n dikwels aggressiewe grondhervormingsprogram van hul plase verjaag het.
Die wit boere wat agtergebly het, het huurkontrakte ontvang wat elke vyf jaar hernu moes word, terwyl swart boere huurkontrakte van 99 jaar ontvang het.
Kritici blameer Mugabe se grondhervormingsprogram daarvoor dat die landboubedryf in die land in duie gestort het. Zimbabwe is voorheen beskou as die broodmandjie van Afrika, maar moes onder Mugabe se bewind jaarliks kos invoer.
Mnangagwa neem hom nou voor om boere wat hul grond verloor het, daarvoor te vergoed.
Die departement van landbou het in ’n omsendskrywe van 19 Januarie aan amptenare bekend gemaak dat wit boere nou ook plase vir 99 jaar kan huur.
Ben Gilpin, direkteur van die Commercial Farmers’ Union, sê hy is versigtig optimisties oor dié aankondiging.
Mugabe (93) het in November as president bedank nadat die land se weermag en sy eie Zanu-PF-party teen hom gedraai het.
Ingevolge die Zimbabwiese grondwet behoort alle grond aan die regering. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie