Wit Hingste vereer Lötter
Rugby
Andrew Poolman - Die vurige haker Gerhard Lötter was self ietwat verbaas toe hy laas naweek as FNB Wanderers Rugbyklub se sportman van die jaar vir 2016 bekroon is.
Die 24-jarige speler het verlede seisoen sy kant gebring ongeag of hy vir die Wit Hingste, die Windhoek Draught Welwitschias in die Curriebeker of vir die Namibiese senior span in sy eerste vier toetse gespeel het.
Lötter speel ook premierliga-krieket vir sy klub en offer ook sy tyd op om as afrigter by die junior spanne van Windhoek Gimnasium betrokke te wees.
Hierdie soort ingesteldheid het waarskynlik ook punte getel toe die rugbyklub se hoogste eer aan hom toegeken is.
Die heelagter Riaan van Zyl het twee toekennings ontvang.
As die spelers se speler van die jaar het hy erkenning van sy spanmaats gekry, terwyl hy ook as die beste aanvaller aangewys is. Hy was vanjaar afwesig wees, want hy het gister na 'n klub in Nieu-Seeland vertrek waar hy vir een jaar betrek is.
Léan Stoop is as die klub se beste verdediger vereer.
Die Wit Hingste se eerste span, wat in die NRU premierliga-finaal teen FNB Unam verloor het, is as span van die jaar aangewys.
Ander pryswenners vir die 2016-seisoen:
Beste agterspeler: Enem Kritzinger (skrumskakel).
Beste voorspeler: Stef Botha (agtsteman).
Mees toegewyde speler: Nian Berg (stut).
Mees bestendige speler: Francois Wiese (senter).
Beste junior speler: Johan Luttig (flank).
Mees lojale speler: Willem van Zyl (slot).
Beste tweedespanspeler: Janneman Breedt (senter).
Beste vordering in die tweede span: John-Michael Richter (flank).
Ondersteuner van die jaar: oom Daantjie Louw.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie