Witbooi-artefakte nu00e1 126 jaar tuis
Witbooi-artefakte nu00e1 126 jaar tuis

Witbooi-artefakte ná 126 jaar tuis

Kapt. Hendrik Witbooi, Nama-leier van weleer, se Familiebybel en sweep het gister uit Duitsland in Namibië aangekom.

Dié tradisionele artefakte was in die Linden-museum in Stuttgart ten toon gestel.

Dit is deur visepresident Nangolo Mbumba in ontvangs geneem en sal môre op Gibeon tydens 'n seremoniële geleentheid deur pres. Hage Geingob aan die Witbooi-familie oorhandig word. Hulle sal dit weer aan die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, vir veilige bewaring in die nasionale argief gee.

'n Gedenkbesoek sal Vrydag aan Hornkranz gebring word, waar die Bybel en sweep op 12 April 1893 tydens 'n skermutseling tussen Duitse troepe en Witbooi se soldate deur die Duitsers afgeneem is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!