Witbooi-Bybel nie genoeg
Tanja Bause – Die Nama- Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) het gister tydens ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê hulle het hul prokureurs in Amerika opdrag gegee om die terugstuur van geskiedkundige artefakte van Duitsland af teen te staan.
Dít sluit die Hendrik Witbooi-familiebybel in.
Volgens hoofman Johannes Isaacks is dit belangrik dat die mense op wie dié besondere kultuurgeskiedenis betrekking het, geraadpleeg moet word oor die terugstuur en berging van hul geskiedkundige voorwerpe.
“Dit is van uiterste belang dat die NTLA te alle tye bewus gemaak word van die regering se voorneme, sowel as die stoorplek van die besittings sodat die veiligheid daarvan verseker kan word,” het Isaacks gesê.
“Enige verskuiwing of verwydering van die artefakte moet in oorleg met en met die toestemming van die hele Nama-gemeenskap gedoen word,” het hy gesê.
“Ons het nooit toestemmig gegee dat die onteiende besittings teruggegee word nie. Dié items is bewyse in ’n hangende saak wat teen Duitsland in Amerika aanhangig gemaak is,” het hy gesê.
Volgens hom het die Duitse regering ’n plig en verantwoordelikheid om te vergoed vir die skade wat die volksmoord die Nama-gemeenskap aangerig het.
“Namibië se regering het ook ’n plig en verantwoordelikheid om deursigtig te wees wat onderhandelinge met die Duitse regering betref. Dit is ondenkbaar dat die Namibiese regering namens ons en sonder ons toestemming onderhandel.
“Die regering moet met ons praat sodat hulle ons wense kan verstaan. Ons verwerp die huidige neiging om die betrokke voorwerpe as vergoeding terug te gee. Die voorwerpe kan nie op die twee regerings se voorwaardes teruggegee word nie, maar op die voorwaardes van dié by wie die voorwerpe onregmatig afgeneem is.
“Dít kan net met bykomende vergoeding geskied. Daar moet vergoeding wees vir die verlore gebruik en voordele van die voorwerpe vir die tydperk wat dit weg was. Dít geld ook die Hendrik Witbooi-Bybel en -sweep.
“Dit lyk of die twee regerings die voorwerpe as teken van versoening wil teruggee, en beide die regerings vergeet ons het die reg om vergoeding vir die onwettige verwydering van die items te eis,” het hy gesê.
Die Bybel is tans in die Linden-universiteit in Stuttgart, Duitsland.
In Augustus verlede jaar het 74 afgevaardigde NTLA-lede onder die leiding van die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, Duitsland toe gereis om onder meer ook oor die teruggee van die Bybel te onderhandel.
Onder dié afvaardiging was ook lede van die Witbooi-familie.
Daar is besluit die Bybel en ander voorwerpe sal einde Februarie terug Namibië toe gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie