Withuis onderdruk inligting
Amerika
Die Withuis se perssekretaris, Sean Spicer, het Maandag aangekondig dat joernaliste verbied word om video- of klankopnames van daaglikse nuuskonferensies in die Withuis te maak.
Tydens Maandag se nuuskonferensie is Spicer weer gevra of pres. Donald Trump in klimaatverandering glo, maar hy het weer nie ‘n antwoord gehad nie. Hy het aangedui dat hy “teen die einde van die week “ sal kan sê of Trump sy gesprekke met die afgedankte FBI-direkteur, James Comey, opgeneem het.
Gevra hoekom video- en klankopnames verbied word, het Spicer gesê dit is om te verseker dat die kollig op Trump bly. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie