Withuis wink vir Biden
Die mespuntstryd in die Amerikaanse presidentsverkiesing het vroeg Donderdagoggend (Namibiese tyd) in die guns van die Demokraat Joe Biden (77, foto) gekantel, met oorwinnings in Michigan en Wisconsin wat hom laat voorloop. Pres. Donald Trump (74) het egter beweer hy is verneuk en het met regstappe begin om die telling van stemme te probeer stop.
Stemtellery het Woensdagnag vir ’n tweede nag voortgeduur in die oorblywende slagveldstate waar die groot opkoms by stembusse en die berg vooraf posstemme die taak moeiliker gemaak het.
Die slag is nog nie gewonne nie en beide kandidate kou steeds naels oor wie die magiese getal van 270 stemme in die kieskollege gaan behaal om sodoende die Withuis te verower.
Die momentum swaai egter in Biden se guns, wat in ‘n televisie-onderhoud in sy tuisdorp Wilmington, Delaware, gesê het “ons glo ons sal die wenners wees as die tellery voltooi is”.
Deur die noordelike slagveldstate van Michigan en Wisconsin in te palm en ook Arizona te wen, het Biden 264 stemme teen die 214 van Trump verower. Om 270 te bereik, het Biden sy hoop op die ses kieskollege-stemme uit Nevada waar hy ’n klein voorsprong het – of, selfs beter, om Georgië of Pennsylvania te verower.
Biden het tans 50%, of 72 131 524, van stemgeregtigde Amerikaners se stemme op hom verenig, met Trump wat 68 782 891 (48%) van die stemme gekry het. - Nampa/AFP/Reuters
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie