Witkrans en Cambridge kraai koning op sportveld

Gerine Hoff
Boet Matthews

Katolieke koshuise van die Keetmanshoop-bisdom het op 10 Oktober behoorlik die koppe laat draai toe hulle aan ’n sokker- en netbaltoernooi op Rehoboth deelgeneem het.
Dit was ’n geskiedkundige geleentheid vir die seuns en meisies, met sewe koshuise wat mekaar vir die eerste keer in ’n vriendskaplike byeenkoms aangedurf het.
Die hooforganiseerder, me. Marietjie Hatzenberg van die gasheer koshuis, Sacred Heart of Jesus, was in haar noppies oor die goeie sportmangees en samewerking onder die kinders en opvoeders.
Hatzenberg het gesê: “Die onlangse gekose opvoeders van die ­Katolieke koshuise het uitstekend beplan. Dinge het seepglad verloop en ons het die vrugte van sukses gepluk.”
Op die sokkerveld was dit die seuns van Witkrans wat gewys het hoe met ’n sokkerbal getoor word. Hulle het behoorlik hul opponente laat spoke jaag. Boonop was die span se spel en geesdriftigheid deurslaggewend en hulle het met die louere weggestap.
Op die netbalbaan was dit Cambridge wat geseëvier het. Die meisies het hoog gespring en was deurgaans in beheer van die bal. Hulle het keer op keer die bal skoon deur die doelring­ gegooi. Die verrigtinge is afgesluit met ’n sangaand by die Laerskool St. Joseph waar gaste die uitstekende sang en danspassies terdeë geniet het. Die seuns en meisies van RC Cambridge se koshuis was sonder twyfel die ­gunstelinge. Met hul Tswana-danspassies het hulle die toeskouers op hul voete gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!