Witsjokolade-en-springmieliewafels met roomys
Die Belge sit suikerklontjies in hul wafels wat smelt wanneer hulle dit braai. Dieselfde gebeur met die springmielies met die karamelkors wat in dié resep gebruik word. Die meeste elektroniese winkels en groot supermarkte het wafelmasjiene.
Bestanddele
210 g (375 ml) koekmeel
5 ml sout
50 g (60 ml) strooisuiker
15 ml bakpoeier
2 eiers
250 ml melk
20 g (20 ml) gesmelte botter
1 x 100 g-plak witsjokolade, fyngekap
1 x 50 g-sakkie karamelspringmielies
1 liter roomys vir voorsithand vol gesoute springmielies
250 ml gekoopte witsjokoladesous
Metode
Sif koekmeel, sout, suiker en bakpoeier saam. Voeg eiers, melk en botter by. Roer met ’n draadklitser tot glad. Voeg sjokolade en karamelspringmielies by en meng deur. Verhit ’n wafelpan en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep lepels vol beslag in die pan en braai tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute. Plaas warm wafels op ’n opdienbord en skep ’n bal roomys daarop. Sprinkel gesoute springmielies oor en sit voor met sjokoladesous.
WENK Verhit oond tot 100 °C en plaas wafels wat klaar gebak het direk op die oond se rak om warm te bly terwyl jy die res bak - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie