Witvlei-boere: Regstelsel faal ons

Diewe raak al hoe meer gesofistikeerd en betree plase nou met perde – wat beteken hulle kan makliker ongesiens met hul buit wegkom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Boere in die Witvlei-omgewing is opnuut moedeloos met 'n vlaag van vee- en wildmisdaad oor die afgelope maand, terwyl hulle sê die regstelsel misluk daarin om enige beskerming aan hulle of hul eiendom te bied.

Mnr. Jürgen Matthaei, voorsitter van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF), sê oor die afgelope drie tot vier weke is talle wild en veral beeste gesteel, met minstens ses Witvlei-boere wat verliese by die forum aangemeld het.

“Die diewe raak ook daagliks meer gesofistikeerd en betree nou boere se grond met perde. Andersins word gesteelde beeste met lorries weggery,” het Matthaei Donderdag aan Republikein gesê.

“Terselfdertyd word dieselfde vee- en wilddiewe herhaaldelik gevang en bloot weer op borgtog vrygelaat, ten spyte daarvan dat talle soortgelyke sake teen hulle hangend is. Die sake word net nooit afgehandel nie,” het 'n moedelose Matthaei gesê.

Hy sê boere in die omgewing vermoed 'n spesifieke verdagte, wat opnuut sowat 'n maand-en-'n-half gelede op borgtog vrygelaat is, sit agter die jongste vlaag van diefstal.

“Dis asof hulle wraak kom neem,” sê hy.



KOEI LEWEND OPGEVREET

Matthaei het vertel veediewe het verlede naweek op mnr. Wilfried Pack, wat op die plaas Grünental by Witvlei boer, twee koeie in 'n manga ingejaag.

“Hulle moes gesteur gewees het terwyl hulle besig was om die eerste een se keel af te sny. Hulle het haar net so gelos en gevlug.

“Die koei se pote is deur die manga se pale getrek, sy kon nie loskom nie en die jakkalse het haar lewend begin vreet,” het Matthaei vertel. Plaaswerkers het eers verlede Maandag op dié toneel afgekom.

Matthaei sê tydens die misdaadvoorkomingsforum se patrollies het hulle verlede Dinsdag ook op 'n gestroopte waterbok agterop 'n voertuig afgekom. Twee verdagtes is toe in hegtenis geneem omdat hulle in die besit van beskermde wild was.

“Ons boere is moedeloos,” het Matthaei gesê. Hy het verwys na boere uit die Otjiwarongo-omgewing wat 'n petisie begin het teen die bied van borgtog aan gewoontemisdadigers as dit by vee- en wilddiefstal kom en dat die motors waarmee hulle die misdade pleeg, verbeurd verklaar moet word.”

Nog twee Witvlei-boere wat deurgeloop het, sluit in mnr. Elia Emvula van wie een vers geslag is, en mnr. Alfred Kamupingene wat vier verse vermis.

“Ek is só gefrustreerd, ek het moed opgegee,” sê Kamupingene, wie se tollie onlangs met 'n assegaai deur diewe vanaf 'n perd se rug gesteek is.

Hy het vertel hy het in Desember twee polisiebeamptes na 'n toneel geneem waar een van sy verse geslag is, net om later uit te vind een van die polisiemanne was betrokke by die slagting van sy bees.

“Die karkas is in dié man se kar gevind.

“Die polisie is hopeloos. Ek het soveel verliese oor die jare gehad. Ek wou vir my familie sorg met die geld wat ek uit my vee verdien, maar iemand anders loop met my oes weg. As ek iemand op my plaas betrap wat vee steel, sal ék die een wees wat in die tronk moet slaap,” het hy gesê.



PERDE ORAL VERKRYGBAAR

Me. Ulrike Hart, by wie in die afgelope maand twee verse geslag en 'n gemsbok gestroop is, verduidelik die diewe beweeg met perde rond.

“Die perde loop vrylik op Witvlei rond. Dis dus maklik om enige perd te vat en jou plaas binne te kom. Jy hoor en sien dus niks, hulle knip die heinings, laai die geslagte of gestroopte dier op die perd en neem dit teerpad toe, van waar dit weggery word,” het sy gesê.

Hart, wat nou betrokke is by die forum vir misdaadbekamping, sê hoë­profiel-sakemanne is by die stelery in die gebied betrokke. “Die motiewe het dus niks met hongerte te doen nie.”

Sy is ook van mening hulle word deur die regstelsel gefaal.

“As jy op borgtog uit is en wéér 'n misdaad pleeg, moet dit nie opgeskort en jy in hegtenis geneem word nie? Dit gebeur nie!” het sy gesê.

Mnr. Thunis Cocklin, nog 'n Witvlei-boer, het ook tussen 24 September en 4 Oktober 16 beeste verloor. Hy sê dié saak word steeds ondersoek, maar sover vanjaar is reeds 41 van sy beeste gesteel.

“My mening is dat die justisie ons heeltemal in die steek laat,” sê hy.

Cocklin sê die afgelope twee tot drie jaar loop hulle veral erg onder die vee- en wilddiewe deur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007