Witwarm speelding vir die renbaan
Gebruik nuwe, eksklusiewe tegnologie
Dirk Gallowitz
Spesiale M-modelle het al ’n roemryke geskiedenis en tradisie by BMW M GmbH. Dink maar aan ikoniese modelle soos die BMW M3 GT, BMW M3 CSL, BMW M3 GTS en BMW M3 CRT waarvan ons in Suider-Afrika net die M3 CSL kon kry.
Uiteraard het die witjasse by BMW M-afdeling hul oog gehad op die renbaan toe die GTS gekonseptualiseer is en dit spreek duidelik in die ren-gerigte uiterlike voorkoms en kajuit.
Terwyl die reuse Michelin Pilot Sport Cup 2 bande (voor: 265/35 R19, agter: 285/30 R20) op eksklusiewe “M-light, M-Styling” liggewig allooivellings met hul skel-oranje afwerking die oog vang, is dit die groot, geventileerde koolstof-keramiek remskywe met goue M-Sport knypers, wat ’n geoefende oog sal beïndruk. Dit verklap dat hierdie kalant ook baie vinnig kan stop!
DRUKVLERK
Behalwe vir die spesiale wiele onder uitgeboude wielboë, word die M4 GTS ook buite onderskei van sy “gewone” stalmaats deur ’n groot, verstelbare drukvlerk op die stert. Ook hier sal die gesoute renbaanentoesias raaksien dat dit nie jou gewone “help-my-vinnig-lyk-diy-joppie” is nie, want die kenner sal dadelik raaksien dat hier baie spesiale liggewig materiaal gebruik is en deur spesialiste vir die renbaan doelgemaak is.
Hierdie drukvlerk, asook die spesiale koolstofvesel-lugsnoer onder die voorste lugskort, kan van binne die motor verstel word soos wat jy ry/jaag. Daar is ook ’n koolstofvesel-lugskort agter tussen die vier fris uitlaatpype wat lugvloei reguleer.
LIGGEWIG
Met die innoverende gebruik van spesiale liggewig materiale kon die witjasse dit regkry om die M4 GTS se gewig te beperk tot 1 510 kg, wat ’n uitstekende krag-tot-massa-verhouding van 3.0 kg/perdekrag tot gevolg het. Die resultaat is dinamiese verrigting en uitsonderlike hantering.
Gewig is buite en binne die kajuit besnoei. Die enjinkap en dakpaneel is byvoorbeeld van spesiale liggewig materiaal gemaak. Binne die kajuit is mildelik van koolstofvesel gebruik gemaak.
So byvoorbeeld het die ren-gerigte sportsitplekke asook die liggewig middelkonsole en deurpanele heelwat koolstofvesel.
Die deurpanele in die “Clubsport Package”-modelle het nie gewone knippe nie, maar word

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie