Wlotzkas nuwe baken van  hoop
Wlotzkas nuwe baken van hoop

Wlotzkas nuwe baken van hoop

Vier dorpe vorm ''n nuwe eenheid om aan die naderende waterkrisis te ontkom.
Des Erasmus
Des Erasmus



''n Nuwe koper het vir Areva se seewaterontsoutingsaanleg by Wlotzkasbaken op die voorgrond getree.

Vier Erongo-dorpe span nou saam vir so ''n transaksie­ nadat voortslepende onderhandelinge­ tussen die ministerie van landbou, water en bosbou en die mynreus in ''n doodloop­straat geëindig het. Die prys was te hoog om te betaal.

Die redder wat nou op die voorgrond getree het om die kusstrook van ''n waterkrisis te vrywaar, is die Erongo Water­forum (EWF), ''n eenheidsfront tussen vier dorpe, Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai en Arandis. Die forum vaar onder die voorsitterskap van die goewerneur van die Erongo­streek, mnr. Cleophas Mutjavikua. Op ''n stigtingsvergadering agter geslote deure is besluit dat die voete­slepery oor ontsouting nou verby is. Die EWF sal nou as ''n eenheid vorentoe beweeg.

Die nuwe aanspraakmakers op water se Nabots­wingerd langs die kus het op die voorgrond getree op die laaste stadsraadsvergadering van die jaar op Swakopmund. Die aankondiging is gedoen nadat ''n verkennende vergadering deur die verteenwoordigers van die belange­groepe sowat ''n maand gelede op Swakopmund gehou is. Die moont­like kopers oorweeg toe­nadering tot die Internasionale Aardverwarmingskomitee se Klimaatveranderingsfonds (GWCCF) vir bystand. Met bystand deur die fonds sal om ''n konfliksituasie met die Namibiese kabinet oor die Areva-projek beweeg word.

Die forum sien ontsouting as die enigste moont­like oplossing vir die naderende waterkrisis van die sentrale kus. Dan word die Areva-aanleg as ''n logiese oplossing genoem met nog twee moontlikhede wat oorweeg kan word. ''n Aanhangsel tot die sakelys van die stadsraad is ''n standpunt deur die tegniese komitee van die Erongo Waterforum.

Daarin word verklaar dat Areva se bestaande aanleg oor ''n spaarkapasiteit van water beskik. “Wlotzkasbaken is die logiese leweransier van water, maar die aanleg behoort aan Areva,” volgens die dokument.

''n Tweede opsie is die moontlike koms van nog twee ontsoutingsaanlegte, een deur die uraanmyn Rössing en nog een noord van Hentiesbaai wat aan die verbouing van Jatropha as wonderplant in die Namib gekoppel word. Duitse finansiering bestaan blykbaar reeds vir die aanleg noord van Hentiesbaai.

''n Derde opsie is ''n ontsoutingsaanleg deur die Erongo Waterforum self, moontlik ook by Wlotzkasbaken, maar ook op enige ander plek.

“Die tyd het aangebreek vir ''n robuuste oplossing van die naderende waterkrisis,” volgens die dokument van die EWF. Daarvolgens het die heersende droogte die situasie vererger, maar die probleem is nie soseer ''n tekort aan water nie. “Dit is eerder ''n probleem van die onverantwoordelike bestuur van die waterbron.”

Op die drumpel van die vakansieseisoen en die begin van die produksiefase van die Husabmyn sal elke munisipaliteit noulettend ingevolge waterbestuurstelsels moet optree. Daar moet teen die moontlike oorontgining van die Omdel-skema by Hentiesbaai en Walvisbaai se Kuiseb-skema opgetree word. Areva moet die waterver­skaffer vir die myne bly.

Die forum spreek sy voor­neme uit om met Areva oor die Wlotzkasbaken-aanleg te onderhandel. Dit gaan oor die eienaarskap en bedryf van die aanleg, volgens die forum. NamWater, NamPower en selfs die myne van die Erongostreek kan genooi word om deel te neem.

Volgens die tegniese komitee is die GWCCF bewus van die Namibiese klimaatstoestande. Gevolglik sal dit raadsaam wees om in die aanvangstadium van die fonds se kennis gebruik te maak, asook die finansiering daarvan.

NamWater sal ook insette kan lewer met die bevindinge van studies wat sedert 1998 van die watersituasie gemaak is. In die ontwerpfase kan in die rigting van ''n ontsoutingsaanleg met ''n kapasiteit van 50 miljoen kubieke meter per jaar gewerk word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!