Wlotzkasbaken se waterprys is billik
Des Erasmus - Die prys wat Areva vir ontsoute seewater vra wat aan NamWater as grootmaatverskaffer in Namibië verkoop word, is nie buitensporig nie.
NamWater word nie deur Areva afgedreig uit ’n magsposisie wat op die gebied van ontsouting beklee word nie.
Die katnes waarin NamWater as die grootmaatverskaffer in ’n rampdroogte verkeer, word oopgeskop in ’n uitspraak deur die Namibiese Mededingingskommissie dat Areva nie ’n onredelike prys vir sy water vra nie. NamWater het sy beswaar teen die Areva-waterprys vanjaar op 1 Februarie ingedien. Op 13 Junie is Areva as een van die belanghebbende partye skriftelik oor die bevinding ingelig.
Die uitspraak was nog ’n wand wat op NamWater ingetuimel het in sy onderhandelinge met Areva oor die aanleg vir ontsoute seewater by Wlotzkasbaken tussen Swakopmund en Hentiesbaai. Die onderhandelinge tussen Areva en NamWater gaan nie net oor die waterprys nie, maar ook oor ’n moontlike oorname deur NamWater van dié waterbron.
Die besturende direkteur van Areva in Namibië, mnr. Hilifa Mbako, het die bevindinge van die Mededingingskommissie op navraag deur Republikein bevestig. Hy het NamWater ook van ’n voeteslepery in die onderhandelingsproses oor Wlotzkasbaken beskuldig. Hy sê die tyd het vir NamWater aangebreek om hulle nie elke keer met onbenullighede besig te hou nie en om by die kern van die onderhandelinge te kom.
NamWater self het vroeër toegegee dat die prys van ’n tweede ontsoutingsaanleg ná Wlotzkasbaken te hoog is en dat goedkeuring nie deur die tesourie daarvoor gegee gaan word nie. Weg van NamWater word wel op die gebied van ontsouting gevorder om nie net Namibië nie, maar ook ’n buurland soos Botswana uit sy waterkrisis te lig.
Botswana speel blykbaar oop kaarte met die Namibiese regering oor ’n ontsoutingsaanleg langs die sentrale Namibiese kus met ’n pypleiding wat die suiwer water dan oor die breedte van Namibië tot by Gaborone sal bring. Dit behels ook denke van ’n abbapypleiding van die Botswana-pypleiding om ook Windhoek se dors te les.
Noord van Hentiesbaai word met Duitse suiweraars van seewater onderhandel vir ’n aanleg wat ook die dorpe Hentiesbaai en Uis gaan bedien. Die gesprek is blykbaar nog net in ’n beginstadium. Die onafwendbaarheid van ontsouting van seewater vir menslike gebruik word ook in Noord-Afrika bewys met ’n pypleiding wat oor ’n afstand van 1 600 km van die Nyl gebou word om ontsoute water na die dorstige suide van Soedan te bring.
Nog ’n hou in die maag van NamWater was die klaring wat ná ’n omgewingstudie aan die uraanreus Rössing gegee is om met ’n ontsoutingsaanleg vir die myn se eie behoeftes by Myl 6 voort te gaan. Die aanvanklike weiering van die aanleg is deur Rössing op ministeriële vlak opgeneem waarop die uitreiking van die klaringsertifikaat vir die aanleg ’n “antwoord om ’n draai” was.
Rössing is volgens inligting reeds besig met die volgende fases van die ontwikkeling wat die myn op die gebied van water selfonderhoudend gaan maak. Rössing is een van NamWater se grootste klante in NamWater se sentrale kusstreek.
NamWater het Areva vanjaar op 1 Februarie oor die prys van die water van Wlotzkasbaken verkla. Die bevinding wat pas deur die Mededingingskommissie bereik is, is dat Areva se waterprys nie onbillik is nie. Die prys wat Areva vir die aanleg moes betaal, moet by die waterprys bygereken word. Daarvolgens is Areva se prys nie te hoog nie. ’n Bevinding is dat die belegging wat gemaak is, ingereken moet word by die prys wat gehef word vir diegene wat van die belegging gebruik maak. Die Mededingingskommissie het bevind dat die prys billik en met ’n klein winsgrens is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie