Woede oor Kardashian op olifant
Kim Kardashian het haar die argwaan van ’n diereregte-organisasie op die hals gehaal toe sy in nie veel meer nie as ’n vleeskleurige bikini en sarong in Bali op ’n olifant gery het.
Dis egter nie die gewaagde uitrusting wat Peta laat rooi sien nie, maar die feit dat die organisasie meen Kardashian se optrede dra by tot die mishandeling van olifante, berig DailyMail.
Foto’s van die 38-jarige realiteit-ster op die olifant se rug is geneem tydens ’n onlangs ’n opname vir die program Keeping Up With The Kardashians.
Glad nie skaam om lyf te wys nie, het die donkerkop pruilmond vir die kamera geposeer voordat sy tyd met haar gesin deurgebring het.
Peta se adjunkdirekteur, Rachel Mathews, het aan DailyMail.com gesê toeriste word regoor die wêreld gelok met die geleentheid om op ’n olifant se rug te klim, sonder om te weet wat die diere verduur.
“Olifantkalfies se gees word gebreek deur ’n uiters wrede proses waar kleintjies van hul ma’s weggeskeur, vasgebind en met hoeke en spykers gekap en gehaak word.
“Hierdie verskriklike, ritualistiese opleidingsessies laat die olifante ernstig beseer en getraumatiseerd, en sommige oorleef dit nie.
“Deur op olifante te ry of kampe te besoek wat olifante dwing om kontak met mense te hê, steun (jy) die mishandeling,” sê Mathews. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie