Woensdag is nasionale gebedsdag
Ronelle Rademeyer - Die kerkklokke sal môre om 12:00 landswyd beier wanneer Namibiërs in gebed verenig om vir die beskerming en welstand van die land en sy mense te bid.
Dié aankondiging is Maandagaand deur pres. Hage Geingob gemaak.
Hy sê past. Sageus /Keib sal Namibië vanuit Staatshuis in nasionale gebed lei.
“Covid-19 vereis optrede aan ’n veeltal van fronte,” sê die president in sy verklaring.
Hy het ook aangekondig Namibië “wend pogings aan” om sy Covid-19-toetsvermoë te verbeter deur meer toetsstelle en mediese toerusting vir sy reaksie teen die siekte aan te skaf.
“Ek doen ’n ernstige beroep op alle Namibiërs om gehoorsaam te wees en met die owerhede saam te werk. Hierdie dodelike virus respekteer nie sosiale strata, ras, etnisiteit of grense nie. Ons kan Covid-19 selgs verslaan as almal saamwerk,” sê Geingob.
Tegnologie maak dit moontlik dat die Covid-19-inligtingsentrum mense daagliks op die hoogte van sake kan bring – iets waarvoor hy die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie en veral die adjunkminister, me. Emma Theofilus, geloof het.
Geingob sê die nasionale rampfonds het reeds bydraes van N$36 miljoen ontvang. Dit sluit skenkings soos watertenkers, toetsstelle en ventilators in.
Die lys van skenkings lyk so:
•De Beers Group: N$15 miljoen
•DebMarine Namibia: 20 ventilators ter waarde van N$9,9 miljoen;
•Old Mutual Namibia: Toets- en opsporingstelle asook voedselhulp ter waarde van N$5 miljoen;
•Maatskaplike Voorsorgkommissie: Watertenkers ter waarde van N$3,3 miljoen;
•Namdia en MTC: N$1 miljoen elk;
•Swapo: N$1 miljoen;
•Sakereus Jack Ma: Toetsstelle en beskermingsdrag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie