Woensdag is oranje
Dwarsoor die wêreld sal die kollig Woensdag op veelvuldige sklerose (MS) val.
Namibiërs word aangemoedig om op dié dag 'n oranje serp, broek of jas nader te trek ter ondersteuning van MS-lyers.
MS Namibië se fokus vanjaar is werknemers se gesondheid en die vroeë diagnose van MS by die werkplek.
Dié veldtog word deur FNB Namibië, Bank Windhoek en Standard Bank ondersteun.
MS is 'n chroniese siekte wat die sentrale senuweestelsel (brein en rugmurg) aantas.
"Sklerose" beteken littekens of letsels, terwyl "veelvuldige" verwys na die verskillende plekke dwarsoor die brein en rugmurg waar dit kan voorkom.
Simptome wat ervaar word, hang af van die posisie en omvang van die letsels binne die sentrale senuweestelsel. Laasgenoemde maak dat simptome van MS-lyer tot MS-lyer kan verskil. In ernstige gevalle raak die pasiënt heeltemal verlam en het voltydse ondersteuning nodig.
Vroeë diagnose is baie belangrik omdat dit lewensduur kan verleng en die vordering van die siekte kan verminder. Algemene simptome sluit moegheid, lamheid of prikkels, versteurde visie, verlies aan spierkrag, balans en koördinasie, asook korttermyn-geheueverlies in. Gene, oorerflikheid en outo-immune infeksies word as oorsake van MS uitgesonder.
Meer vroue as mans word met die siekte gediagnoseer, en dit word gewoonlik ook by mense in hul twintigs en dertigs gediagnoseer.
MS Namibië, 'n liefdadigheidsorganisasie wat MS-lyers ondersteun, kan vir meer besonderhede by [email protected] of 081 296 4844 gekontak word. Die organisasie het ook 'n webtuiste, www.msnamibia.org, sowel as 'n Facebook-blad, "Multiple Sclerosis Namibia".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie