Woestynleeus oorleef op mariene dieet
Twee troppe woestynaangepaste leeus in die Skedelkus Nasionale Park vang flaminke, kormorante en robbe.
Francoise Steynberg - Dit het vir die woestynaangepaste leeus in die Skedelkus Nasionale Park 15 jaar gevat om die ryk mariene dieet van hul voorouers te herontdek.
Só sê die wêreldbekende leeunavorser, dr. Philip Stander van die Woestynleeu-navorsingsprojek, in 'n artikel wat pas in die Namibian Journal of Environment gepubliseer is.
Die Skedelkus Nasionale Park in die noordweste van Namibië het 'n klein bevolking leeus wat by dorre toestande aangepas het.
Stander sê ná 'n tydperk van langdurige mens-leeu-konflik in die 1980's het die leeus vir meer as 'n dekade van die Skedelkus verdwyn.
"Weens gunstige toestande soos die ontwikkeling van kommunale bewaringsgebiede en die groei van toerisme in die gebied, het leeubevolkings langs die Skedelkus in 2002 begin herstel," sê Stander.
"Tog het dit nóg 15 jaar vir die leeus gevat om die ryk mariene voedselhulpbronne wat hul voorouers in die 1980's gebruik het, te herontdek."
TWEE LEEUTROPPE
Stander sê in 2017 het twee troppe leeus van die Hoanib-vloedvlakte en Uanib/Obab-kormorante en robbe op 'n gereelde basis begin jag. Ander mariene organismes soos skulpvis, krappe en seeskilpaaie was ook leeukos.
Volgens Stander het die leeutrop van die Uniab/Obab sedert 2014 die Uniabdelta op 'n gereelde grondslag besoek.
Hulle het langs die kus tussen Torrabaai en Terracebaai beweeg en hoofsaaklik gemsbokke en volstruise gevang.
"In April 2017 het een maer leeuwyfie begin om kormorante by Torrabaai te jag. Sy het later suidwaarts langs die kus beweeg en robbe van die Koigab-kolonie gevang. Oor 'n tydperk van vier weke het sy 'n minimum van agt volwasse robbe gevang."
Die drie leeuwyfies van die Hoanib-vloedvlaktetrop se ma het volgens Stander weens natuurlike oorsake gevrek toe hulle net een jaar oud was en hulle moes oorleef.
"Oor 'n tydperk van 18 maande het drie jong leeuwyfies van die Hoanib-vloedvlakte twee flaminke, 60 kormorante en 18 robbe gejag.
"Genoop deur honger en desperaatheid het hierdie jong leeuwyfies hul weg oor die duine gevind en na 'n eiland by 'n varswaterfontein naby die kus geswem. Hier het hulle snags kormorante begin jag wat op die eiland gebroei het."
Volgens Stander het die mariene dieet tot 79% van hul voedselitems bygedra en 86% van die biomassa wat hulle in hierdie tydperk geëet het.
"Die mariene hulpbronne langs die Skedelkus voorsien 'n belangrike bron van energie en voedingstowwe aan die leeus waarop hulle kan staatmaak wanneer hul voedselbronne op land skaars is," verduidelik Stander.
"As 'n spesie is leeus nou ook op die lys van maritieme soogdiere as die grootste kuskarnivore wat op mariene organismes leef."
STUDIEGEBIED
Die gebied wat deur Stander bestudeer is, beslaan 51 400 vierkante kilometer van dorre habitat wat in die Etendeka-platolandskap van die noordelike Namibwoestyn val, met 'n jaarlikse reënval van tussen 0 mm en 100 mm. Daar is kos, water en skuiling vir die meeste groot soogdierspesies soos olifante, kameelperde, gemsbokke, springbokke en leeus wat daar leef.
Dit sluit 'n beskermde gebied (die Skedelkus Nasionale Park) in, asook toerismekonsessies soos Palmwag, Etendeka en Hobatere, en kommunale bewaringsgebiede waar mense bly en met vee boer.
Stander se navorsing word deur die ministerie van die omgewing en toerisme ondersteun. Hy bedank ook die kundiges Steve Braine, Peter Bridgeford en John Patterson vir hul waardevolle inligting oor leeus in die 1980's. Kenneth /Uiseb en Paul Funston het ook 'n bydrae tot die manuskrip gelewer. Die Desert Lion Conservation Trust en borge het die projek finansieel ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie