Woestynleeus wen goud in u2018Groot Appelu2019
Woestynleeus wen goud in u2018Groot Appelu2019

Woestynleeus wen goud in ‘Groot Appel’

Francoise Steynberg
Namibië se woestynleeus het harte én goud in New York gewen. Die dokumentêre rolprent, Vanishing Kings - Lions of the Namib, het dubbel goud by die New Yorkfees se toekennings vir die beste TV-programme en rolprente weggeraap. Dit is deur die Suid-Afrikaners en bekroonde natuurlewe-rolprentmakers, Will en Lianne Steenkamp, vervaardig en het goud in twee kategorieë, naamlik beste TV-dokumentêre en inligtingsprogram vir omgewing en ekologie en natuur en wildlewe gewen. Dit is ’n epiese viering van die uitsonderlike leeus wat by woestynomstandighede aangepas het en vertel die verhaal van die omswerwinge van ’n spesiale trop leeus in die Hoanibrivier in die Kunenestreek. Die “Vyf Musketiers” is die rolprentsterre. Foto Will Steenkamp

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!