'Woestynpsalm' nog op koers
Yandi du Plessis – Dinge het gevorder vandat die jong filmmaker Ben (Benna) van der Walt in Februarie vanjaar met Republikein gesels het oor sy eerste vollengte rolprent, Woestynpsalm, wat 'n ode aan sy vaderland Namibië is.
Die grootste uitdaging wat die filmspan in die gesig staar, is finansiering, het hy destyds vertel.
Die rolprentspan het teen 25 Februarie ongeveer N$20 000 deur middel van hulle Indiegogo-aanlyn veldtog ingesamel. Dié veldtog het op 28 Maart amptelik tot 'n einde geloop.
“Wow, wow, wow is al wat ons kan sê!” was die span se reaksie op Facebook.
“Julle vrygewigheid en ondersteuning het vir ons 'n allemintige N$85 776 ingesamel, wat ons sal help om 'n idee wat ons al vir baie maande saam met ons dra te verwesenlik. Dankie vir elke liewe like, comment, share en donasie – wat 'n vreugde en voorreg om die reuse-uitdaging wat dit is om 'n fliek te maak aan te pak met die wete dat julle agter ons staan.”
Ten spyte van dié vreugde kon die teikenbedrag nog nie bereik word nie. Boonop word 10% van die oorspronklike bedrag afgetrek vir die gebruik van die Indiegogo-platform, vertel Van der Walt.
Dít werk uit op 28% van die aanvanklike begroting vir Woestynpsalm.
“Ons is besig om ons planne aan te pas sodat ons die film tot die beste van ons vermoë kan vervaardig. Ons is dankbaar vir die vrygewigheid van mense in Namibië en oraloor die wêreld wat bygedra het en ons werk ontsettend hard om 'n fantastiese eindproduk te produseer.”
Van der Walt sê hoewel die aanlyn veldtog 'n goeie beginpunt was, is dit steeds baie duur om 'n fliek te vervaardig. Die grootste van dié uitgawes is die gereedskap wat nodig is, soos kameras, lense, beligting- en klanktoerusting, asook die versekering van dié toerusting.
Nog minstens N$60 000 is nodig om die basiese kostes te dek.
“Ons sal enige bydraes waardeer – finansieel of andersins – wat kan help om vervoer, verblyf en etes vir die span te dek. Deur 'n donasie te maak, kom jy ook in aanmerking vir verskillende voordele, alles van 'n spesiale dankie tot erkenning aan die einde van die fliek,” sê hy.
ROLVERDELING
Van der Walt sê hulle het baie navrae en talle goeie oudisies ontvang, maar geen rolle is al amptelik aangewys nie. Hulle het besluit om die sperdatum vir oudisies met 'n paar dae aan te skuif om soveel as moontlik mense 'n kans te gee om hul oudisievideo's in te stuur.
“Ons het besluit om dit te doen sodat ons met sekerheid kan besluit op karakters wat perfek in die voorgeskrewe rolle pas,” verduidelik Van der Walt.
Oudisievideo's sal tot komende Saterdag aanvaar word. Die rolverdeling en ander inligting oor die oudisieproses is op Woestynpsalm se amptelike Instagram- en Facebook-bladsye beskikbaar.
Almal wat belang stel, word aanmoedig om 'n e-pos aan die rolverdelingsdirekteur, Anika Henning, by [email protected] te stuur.
'DINGE VAL IN PLEK'
Van der Walt sê dit is ongelooflik om te sien hoe die projek ontwikkel en hoe almal wat betrokke is, die uitdagings oorwin wat in hulle rigting gegooi word.
“Ons is natuurlik redelik gespanne oor alles wat nog moet gebeur, maar dinge val gelukkig stuk-stuk in plek.”
Woestynpsalm se kinematograaf, Rex Sang, het twee weke gelede uit New York in Windhoek aangekom en die vervaardiger, Anna Lee, het verlede week van Nederland af hier geland. Van die filmspan is reeds in Windhoek en 'n paar Namibiese filmstudente wat in Kaapstad studeer, sluit ook binnekort by die groep aan.
Woestynpsalm se première en vrystelling word vir Oktober vanjaar beplan.
Kontak [email protected] om 'n skenking te maak of vir enige ander navrae.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie