Woestynreu00ebn sorg vir fratsweer
Woestynreu00ebn sorg vir fratsweer

Woestynreën sorg vir fratsweer

Des Erasmus
Des Erasmus



Daar is streng by voorskrifte van die Internasionale Perdryfederasie gehou toe 'n FEI-­byeenkoms die naweek op Walvisbaai gehou is.

Ongeag die weer moet geskeduleerde byeenkomste van die FEI afgehandel word ongeag of dit sonskyn, hael of sneeu is. Gisteroggend het dit op Walvisbaai gereën toe daar gery en gespring moes word.

Verkeerde aannames was dat die Namibiese byeenkoms in die internasionale reeks afgelas was toe van die eienaars gesien is waar hulle omstreeks 11:30 die terrein met hul bakkies met die sleepwaentjies vir perde verlaat het. Die ruiters vir wie dit erns was, moes deurdruk.

Op Walvisbaai was daar soos op Swakopmund 'n paar ligte buie, maar Langstrand tussen die twee groter kusdorpe was behoorlik gelooi. Langstrand is op 'n skuinste­ af see toe ontwikkel en gevolglik was daar nie oorstromings nie met die stormwater wat koersgevat het na die strande toe.

Tussen Swakopmund en Usakos was daar ook woestynreën met 'n trompop botsing tussen 'n tenkvragmotor en 'n gewone voertuig wat voor 11:00 op die roete plaasgevind het. Een van die insttendes van die twee voertuie was vir 'n wyle in die kajuit vasgepen, maar daar was geen ernstige beserings nie.

Tussen Usakos en Karibib was daar kol-kol stortreën met net ligte buie wat teen die einde van die week oor Karibib self uitgesak het.

Tussen Karibib en Wilhelmstal was vloedwater wel in 'n stadium oor die teerpad na die binneland.

Omaruru het ook in die verspreiding van die reën gedeel met die verwagte vierde vloed van die seisoen in die Omarururivier wat nog nie sy opwagting gemaak het nie. Net oos van Omaruru het dit in 'n stadium hard gereën en het dorpenaars gesukkel om net 'n paar kilometer buite die dorp by die Omaruru Game Lodge uit te kom.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!