Woestyntog word herhaal
Woestyntog word herhaal

Woestyntog word herhaal

Die woestynbestemming Solitaire is die eindpunt van die gesogte Mabaruli-uitdaging.
Tielman van Lill
Mabaruli African Safari's bied môre sy tweede Mabaruli-Solitaire bergfietstoer oor 240 kilometer vanaf Windhoek via die C26-roete tot by dié afgeleë bestemming neffens die C14-pad in die Namibwoestyn aan.

Sven Strohmenger, organiseerder van die uitdaging, sê die eerste eendagtoer op 26 September verlede jaar was 'n reusesukses.

Die Mabaruli is nie 'n kompeterende resies met tydhouding nie, maar eerder 'n persoonlike uitdaging om hierdie ultra-afstand te voltooi.

“Ná verlede jaar se toer is ons gevra om dit 'n jaarlikse instelling te maak, en hier is ons alweer! Die dag gaan oor familie, pret en vir die ernstige ryers bied dit net die regte meneer om hul bene vir die Nedbank Desert Dash in Desember op te gradeer.

“Anders as laasjaar vertrek die ryers dié keer vanaf Arebbusch Safari Lodge in die hoofstad tot by Solitaire en moet die Kupferbergpas bestyg. Die roete is 35 kilometer verder as die eerste toer van 205 km.

“Vir die mans en vroue wat nog nie gereed is om die Kupferbergpas en die ekstra kilometers aan te durf nie, het ons 'n plan gemaak. Met ons GO!CARD-vrypas kan ryers vanaf Arebbusch met ons trokke tot by Die Borde (2 050 meter bo seespiëel) ry en van daar af die laaste sowat 206 km slae gee.

“Vanweë die aandklokreël kan ryers eers (môre) ná 04:00 vanaf Arebbusch vertrek. Daar sal 'n lekker koffietjie reg staan vir dié ryers wat by Die Borde wil stop.

“Die eerste waterpunt is ná 85 km by die Noas-afdraai (D1236) wat Wurth Namibia sal beman met eet- en drinkgoed om die ryers se tenks vol te maak tot by die Cycletec-waterpunt wat 34 km verder wag.

“Cycletec se tegnikuste sal daar gereed wees om ryers met smeermiddels op hul kettings te help of tegniese probleme uit te stryk.

“Die laaste waterpunt met GoZone in beheer, is bo-op Remhoogtepas. Ryers sal daar meer tyd spandeer om vir die laaste 38 km na Solitaire voor te berei. Veral die laaste 10 km is 'n tameletjie.

“Nes laasjaar sien ons vreeslik uit na die toer. Daar is 50 soloryers en 18 spanryers. Ons is bevoorreg om goeie borge te kon vind. Ons bedank graag vir Pupkewitz Megatech (hoofborg), FNB Namibia, Cycletec, Wurth Namibia, Santa Men en Seun Kesslau Versekeringsmakelaars wat aan boord gekom het,” het hy gesê.

Pryse ter waarde van N$40 000 sal aan ryers weggegee word. Borge wat pryse geskenk het, is Double Barrel Arms Windhoek, Youthfull Living, Cymot, Squirt, Offroad Centre, Build-It en Powerflow Exhaust & Tyre.

[email protected]

FOTO
Morné Nel (voor, Mannie’s Bike Mecca), Frank Bombosch (Cycletec-trui), Pierre Lambert (met arms in die lug) en JG van Graan (regs) was laasjaar se voorlopergroep. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!