Woestynwyn ‘n ‘wonderwerk’
Neuras-wynlandgoed produseer tans ‘n geskatte 4 000 bottels wyn per jaar.
Die jaarlikse oes op die Neuras-wynlandgoed in die Maltahöhe-distrik is goed op dreef.
Om ‘n wingerd in die woestyn aan die lewe te hou, is nie net uitdagend nie, maar ook betowerend.
Só sê mnr. Waylon Zandberg, bestuurder van dié landgoed, waar ’n wingerd vir die eerste keer in 1997 geplant is.
Jaarliks lewer Neuras sowat 10 ton druiwe.
“Dis wonderlik om te sien hoe hierdie wingerde, jaar ná jaar, vir ons die beste druiwe gee. Ons maak letterlik wyn uit water. Die water kom uit natuurlike fonteine wat na die wingerd gepomp word, en die druiwe word dan in wyn omskep. Dis byna ‘n wonderwerk,” sê hy.
Die landgoed maak nie van moderne tegnologie gebruik nie en alles word met die hand gedoen.
“Dis ‘n besige tyd van die jaar vir ons. Die oesproses is ingewikkeld en ons moet die druiwe se suikerinhoud voortdurend monitor om te weet wanneer ons met die oes kan begin. Wanneer die suikertelling reg is, moet ons onmiddellik begin oes om seker te maak die druiwe gaan nie tot niet nie. Soggens 05:00 is ons al in die wingerd, en almal help – van die kok tot die wildbewaarders. Die proses moet so vinnig moontlik plaasvind,” sê Zandberg.
Mnr. Gabriel Roten, ‘n wynmaker van Switserland, staan Neuras in die wynmaakproses by.
“Dis ongelooflik om te sien hoe die druiwe in hierdie omstandighede steeds so goed groei. Dis eintlik ‘n wonderwerk,” sê hy.
Namibië se klimaat is ’n uitdaging, sê hy.
“In Switserland oes ons in Oktober, net voor die winter. Ons oes ook die hele dag omdat die temperatuur in ons guns tel. Maar hier in Namibië werk dit anders, en ek leer meer oor nóg aspekte van wynmaak, maar ek geniet dit baie, ” sê Roten.
Ná die oesproses, word die druiwe ontstam en gepars.
“Die druiwekorrels word van die stam geskei en platgedruk, waarná dit in groot houers vervoer word om met die gisproses te begin,” sê Zandberg.
Die geparste druiwe ondergaan dan verskeie prosesse en verouder vir byna 12 maande in Franse houtvate op die perseel.
“Mens pluk altyd die vrugte van harde werk – nogal 13 ton se vrugte,” sê hy.
Neuras bied ‘n vrywilligerprogram aan, waardeur mense van oraloor die wêreld by die jaarlikse oes betrokke kan raak. Die landgoed is deel van die Na/’an ku sê-stigting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie