Wolf, wolf, hoe laat is dit?

Lloyd Zandberg
Daar is iets aan die kombinasie van boetiekbier, diepgebraaide uieringe of skyfies, en ’n gesellige atmosfeer.

Wolfshack is waar jy laasgenoemde sal kry. Eintlik baie meer. Met ’n groot verskeidenheid boetiekjenewers, landgoedwyn, unieke drankies en ’n klein, maar kragtige spyskaart, is dit net die plek om te wees.

Wolfshack Wine Bar is in die ou Grüner Kranz-kompleks in Macadamstraat geleë en is een van Windhoek se baanbrekers as dit by uithangplekke kom. Le Roux van Schalwyk, die eienaar, sê die konsep vir dié eet- en kuierplek het ontstaan nadat hy sy studies in wynbou voltooi het en gereeld op Stellenbosch gekuier het.

Hy wou ’n bymekaarkomplek vir Namibiërs skep wat unieke wyn en eetgoed, saam met ’n Stellenbosch-atmosfeer, bied.

En sonder twyfel is dit presies wat dit is.

Tydens jou kuier by Wolfshack sal jy die rustige, knus atmosfeer onmiddellik beleef.

Met meer as genoeg ruimte vir jou hele vriendekring en verwarmers om jou teen die koue te beskerm, kan jy aan die lieflikste fusion-kos smul en net jouself wees.

Aanvanklik het die Wolfshack slegs drankies bedien, maar later het die vraag na vingerkosse toegeneem.

Le Roux het besluit om ’n klein kombuisie in te rig. Die spyskaart is nie groot nie, maar daar is iets vir almal op die lys. Van handgesnyde, bros skyfies, uieringe wat in ’n bierbeslag gediepbraai word, tot ’n heerlike burger en enchiladas. Klein happies, maar groot smaak.

Alle bestanddele wat in die kos gebruik word, kom uit Namibië. Selfs van die speserye is uit ’n klein tuintjie op die perseel. Die kombuis het ook op ’n gereelde basis spesiale aanbiedinge, afhangende van die weersomstadighede en of hulle ’n geleentheid aanbied. Spesiale geleenthede sluit verjaardae, musiekaande, akoestiese vertonings en so meer in.

As jy iewers in die week gatvol vir jou roetine, werksverpligtinge of die alledaagse raak, trek by die Wolfshack in. Almal wat daar uithang, doen dit om een rede: Om ’n blaaskans te neem.

Wolfshack is Dinsdae tot Saterdae van 16:30 tot 23:30 oop.

Die Wolfshack-sjef

Naam: Ettiene Coertzen

Ouderdom: 28

Ervaring: My kosloopbaan het op Stellenbosch by Hurst begin toe ek my gevorderde kos, wyn-en sjefdiploma voltooi het. Die kursus het hoofsaaklik uit Franse kookkuns bestaan. Ek het daarna ’n vakleerlingskap by ’n fynproewersrestaurant gedoen en toe vir ’n geruime tyd in spyseniering gewerk. My vele reise oorsee het ook heelwat ervaring beteken. Ek het in baie seekosrestaurante gewerk.

Gunstelingdis: Ek het nie een nie. Kos is vir my te divers om een spesifieke dis te kies, maar ek het wel ’n voorliefde vir Asiese kos.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!