Wolkbreuk druk paartjie teen die see vas
Des Erasmus - “Ons was bang, baie bang, waar ons twee uur lank in die kajuit van ons bakkie deur blitse, rukwinde en waterstrome teen die see vasgedruk was met nêrens om heen te vlug nie. Buite kon ons dit nie waag nie, want dit was net water.”
Veilig terug op ‘n nat Swakopmundse bodem het me. Sufranja van Zyl aan Republikein van haar en haar vriend, mnr. Kiepie Muller, se middag van angs vertel toe ‘n wolkbreuk hulle in die verlatenheid van die strand van Myl 68 getref het. Daar was nie eens tyd om van hul duur strandtoerusting en hengelgerei op die strand te probeer red nie. Nie ‘n teken van ander mense was in die omgewing in sig nie.
Hul enigste toegif was die wonder van waterstrome teen die duine af see toe toe die storm so vinnig as wat dit gekom het weer bedaar het.
Van Zyl en Muller was van Kaap Kruis suidwaarts op pad Hentiesbaai toe met die hengelplekke wat op die roete aangery was. So was Myl 68 een van hul ingooiplekke waar hulle die vorige dag ‘n paar klein vissies gevang het.
“Presies om twaalfuur het ‘n geweldige hittegolf ons uit die bloute getref. Die volgende oomblik was dit net donderweer en blitse oor die see en om ons, en toe het dit gevoel of ‘n wolk op ons omgekeer word. Die reën het in strome afgekom.
“Voorsorg was wel dat ons ons grafietvisstokke in hul kokers op die strand kon plaas. Grafiet is bekend as ‘n weerligafleier en ons wou na die veiligheid van die kajuit wegkom. Van wegry was daar nie sprake nie. Toe moes ons wag vir die water om af te loop sodat ons op die verbindingspaadjie na die soutpad kom. Dit was toe dat die waterwonder van die strome van die duine see toe voor ons afgespeel het,” vertel Van Zyl.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie