Wolkbreuk veroorsaak oorstromings by Mariental
Elvira Hattingh – Sterk reënbuie het voor middagete (Donderdag 2 April) groot skade naby Mariental en op die Hardap se besproeiingskema aangerig, met sommige boere wat meer as 100 mm se reën op plekke gemeet het.
Terwyl die Dabibrivier sy walle oorstroom het en water boere se besproeiingslande binnegestroom het, is geboue op die ou volstruisplaas 5 km noord van die dorp oorstroom.
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het bevestig dat Mariental ‘n wolkbreuk ervaar het, terwyl hy sê baie swaar reën is pas ook op Stampriet waargeneem.
Kgobetsi sê tussen 18 en 90 mm reën is binne ‘n uur deur amptelike weerstasies op Mariental gemeet. Hy waarsku dat nog reën na verwagting vandag en môre oor die grootste dele van die land sal voortduur, met uitsondering van die verre weste.
Dit volg ná dit vanoggend tussen 02:00 en 03:45 ook meer as 100 mm by Hochfeld gereën het. Op Rundu is ook 30,5 mm reën gemeet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie