Wolkbreuk verspoel Mariental

Elvira Hattingh
Mariental se José de Cal (links) en Fanie Lourens staan gister halflyf in water op die ou volstruisplaas noord van Mariental, nadat ’n wolkbreuk in die omgewing voorgekom het. Die Namibiese weerkantoor se weerstasies hier het tussen 18 en 90 mm reën binne ’n uur gemeet, terwyl boere meer as 100 mm se reën op plekke gemeet het. Mnr. Koos de Jongh, wat in beheer is van sake by die ou volstruisplaas (oftewel Domesticated Ostrich Products, DOP), sê hul hele perseel, insluitend huise en broeihuise, het oorstroom nadat 92 mm sedert 08:00 gereën het. Hy sê hulle kon in die tussentyd niks doen buiten wag dat die water wegvloei en sak nie. Op die dorp self moes die munisipaliteit ’n deel van die B1-roete weens oorstroming sluit en inwoners moes alternatiewe paaie gebruik, terwyl daar inderhaas aan die werk gespring is om te probeer keer dat die water woongebiede in Rivierstraat bereik. Terselfdertyd het die Dabibrivier ook sy walle oorstroom en besproeiingslande op die Hardapskema binnegestroom. Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het bevestig dat Mariental ’n wolkbreuk ervaar het. Hy sê baie swaar reën is gister ook op Stampriet waargeneem. FOTO'S KOOS DE JONGH EN VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!