Wondermiddel ‘baie algemene produk’
’n Goedkoop en maklik verkrygbare steroïed bied nuwe hoop.
Henriette Lamprecht en Ronelle Rademeyer
’n Farmaseutiese groothandelaar in Namibië gaan nog voorraad inkry van die steroïed wat inflammasie verminder en wat nou as “lewensreddende middel” en wetenskaplike deurbraak in die stryd teen Covid-19 bestempel word.
Deksametasoon, ’n steroïed wat inflammasie verminder, is ’n “baie algemene produk”, sê mnr. Jan-Christo Coetzer, direkteur van Geka Pharma in Namibië.
“Ons het redelik in voorraad gehad en gaan nog inkry,” het hy gesê.
Die Britse minister van gesondheid, Matt Hancock, se aankondiging dat Brittanje dadelik begin om die kortikosteroïed, deksametasoon, vir die behandeling van Covid-19-pasiënte te gebruik, het mediese wetenskaplikes dwarsoor die wêreld baie opgewonde.
Hancock het getwiet: “Ons het vandag (Donderdag) die onmiddellike gebruik van deksametasoon deur die NHS (nasionale gesondheidstelsel) goedgekeur. Hierdie lewensreddende ontdekking is in Brittanje gemaak en getuig van die briljante werk van wetenskaplikes & die nasionale poging om lewens te red & en ons NHS te beskerm.”
Deksametasoon is ’n goedkoop en maklik verkrygbare steroïed wat gebruik word om inflammasie te verminder.
Republikein het prof. Vernon Louw, hoof van kliniese hematologie in die departement internse geneeskunde aan die Universiteit Kaapstad, intussen telefonies hieroor uitgevra.
“Ek is baie positief daaroor, want baie van die Covid-19-pasiënte kry ’n hiper-inflammatoriese toestand wat ons ’n sitokienstorm noem, aangesien die immuumstelsel oorreageer. ’n Sitokien is die molekul waarmee selle met mekaar kommunikeer deurdat dit chemiese seine uitstuur.
“Hierdie oorreaksie van die immuunstelsel is soos om die hele weermag te ontplooi om ’n protesaksie waarby 20 mense betrokke is, tot bedaring te bring,” verduidelik Louw.
Hy sê deksametasoon is bekend daarvoor dat dit erge inflammasie onderdruk en daarom is mediese wetenskaplike opgewonde oor die gebruik hiervan om hierdie “woede-uitbarsting” van sitokiene in die liggaam te beperk.
Só ’n sitokienstorm kan lei tot orgaanskade by pasiënte wat ernstig siek aan Covid-19 is, verduidelik Louw.
Volgens hom is dit wel so dat ’n fyn balans met die toediening gehandhaaf word sodat die immuunstelsel nie te veel onderdruk word nie.
Hy sê hoewel die Britse wetenskaplikes se navorsingsresultate oor die gebruik van deksametasoon nog aan ewekniebeoordeling onderwerp moet word, voorsien hy dit sal baie binnekort in ’n gerekende mediesewetenskapsjoernaal soos Lancet of The New Engeland Journal of Medicine gepubliseer kan word.
“Ewekniebeoordeling is wanneer ander ouens na die data kyk om seker te maak die statistiek en berekeninge is reg,” verduidelik Louw.
SUID-AFRIKA
In buurland Suid-Afrika het hul minister van gesondheid Zweli Mkhize gesê die land het tans sowat 300 000 ampules van die medikasie in voorraad. Die land het drie verskaffers van binneaarse deksametasoon met een van die maatskappye wat die mondelingse ekwivalent vervaardig en dit oraloor in die wêreld versprei.
“Suid-Afrikaners kan daarop trots wees dat hy een van die lande is wat ’n oplossing tot die wêreldkrisis kan bied,” het Mkhize die naweek gesê.
Mkhize sê die “wonderkuur” sal deur dokters in die land gebruik word wanneer pasiënte “in ’n moeilike situasie is of hul lewe gered moet word”. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die aanvanklike uitslae van die kliniese proef in Brittanje ook verwelkom. Die proefneming het getoon die sterftesyfer onder pasiënte wat op ventilators is, is met ’n derde verminder en vir pasiënte wat net suurstof vereis, is dit met ’n vyfde gesny.
Die voordeel van deksametasoon is net in pasiënte gesien wat ernstig siek met Covid-19 is en nie in pasiënte met minder ernstige simptome nie.
“Dit is die eerste behandeling wat ’n afname in sterftes onder pasiënte met Covid-19 wys wat suurstof nodig het of deur ’n ventilator ondersteun moet word,” het die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, gesê.
“Dit is wonderlike nuus en ek wens die Britse regering, die Universiteit van Oxford en die baie hospitale en pasiënte in die land geluk wat tot hierdie lewensreddende wetenskaplike deurbraak bygedra het,” het hy gesê.
Deksametasoon is ’n steroïed wat sedert die 1960’s gebruik is om inflammasie in ’n reeks toestande te verminder, insluitend inflammatoriese afwykings en sekere kankers. Dit is sedert 1977 in verskeie formulerings op die WHO Modellys vir Essensiële Medisyne beskikbaar en is tans buite patent en bekostigbaar in die meeste lande beskikbaar.
Volgens die BBC is die bevindinge veral goeie nuus vir ontwikkelende lande omdat die middel in vele Afrikalande minder as twee Amerikaanse dollar kos.
In Suid-Afrika waar die middel vervaardig word, is die regering reeds aangeraai om pasiënte met suurstof- en ventilasie-ondersteuning hiermee te behandel. Volgens data van die WHO het die meeste mense wat in Afrika aan Covid-19 gesterf het, onderliggende gesondheidstoestande gehad.
- Bronne: WHO/BBC/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie