• Tuisblad
  • Sport
  • ‘Wonderwerk nodig’ vir Schumacher om te leef
u2018Wonderwerk nodigu2019 vir Schumacher om te leef
u2018Wonderwerk nodigu2019 vir Schumacher om te leef

‘Wonderwerk nodig’ vir Schumacher om te leef

Andrew Poolman
Verskeie internasionale publikasies eggo ontstellende nuus oor die gesondheid van die Formule 1-legende Michael Schumacher.
Volgens Spanje se Diario Sport, Italië se Corriere dello Sport en La Dernière Heure in België het ’n Amerikaanse bron genaamd “Newseveryday” ’n anonieme dokter aangehaal wat betrokke was by Schumacher se behandeling nadat hy ernstige kopwonde in ’n ski-ongeluk opgedoen het.
Die sewemalige wêreldkampioen het op 29 Desember 2013 sy kop teen ’n rots gestamp toe hy op ’n onafgebakende ski-helling by Méribel in die Franse Alpe geval het. Hy het so hard geval dat sy ski-helm gekraak het.
Volgens die oorspronklike bron benodig die voormalige Ferrari- en Mercedes-jaer “?’n wonderwerk om aan die lewe te bly” sowat 30 maande nadat die ongeluk plaasgevind het.
Jean Todt, die president van die beheerliggaam vir die sport (FIA), het glo tydens ’n besoek aan Targa Florio in Sicilië aan La Gazzetta dello Sport gesê: “Michael is deel van motorsportgeskiedenis; hy het die meeste Grands Prix en titels gewen.
“Al wat ons kan doen, is om ons beste wense aan hom en sy gesin te stuur. Hulle is nou by ’n veel belangriker stryd betrokke.” – Sport24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!