Wood trotseer VSA se winter vir louere
Wood trotseer VSA se winter vir louere

Wood trotseer VSA se winter vir louere

Gholf
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Chris Wood, die 58-jarige eenarmgholfspeler van Namibië, het onlangs die wêreldranglys vir gestremde gholfspelers (WR4GD) met mening bestorm.

Wood, wat sy regterarm in 'n ongeluk verloor het, was voor sy derde plek by die kompetisie in sentraal Florida 287ste op die WR4GD-wêreldranglys.

Dié strawwe toernooi van die Noord-Amerikaanse Eenarmgholfvereniging (NAOAGA) by die Mission Inn-gholfklub naby Orlando was egter die ideale jagveld vir Wood.

Hy het die gesamentlike tweede plek met net een hou misgeloop, maar sy vertoning van 172 houe ná twee dae en 36 putjies was genoeg om hom met 96 posisies tot die 191ste plek op die ranglys te laat opskiet. Kanada se nommer een, Jesse Florkowski, het 171 vir die tweede plek behaal.

Alexander Dobreff, nommer een van Amerika, met 158 houe is as kampioen bekroon. Nadat Dobreff nog die vorige week agtste op die WR4GD-ranglys was, het sy oorwinning aan hom die nommer een posisie besorg.

Wood sê hy was bevoorreg om by die toernooi van die NAOAGA in aksie te wees en vertel dat gestremde spelers vanjaar na oorgenoeg internasionale kompetisies kan uitsien.

“Ek ag myself gelukkig, want ek was na die kompetisie uitgenooi wat in die Amerikaanse winter gespeel word. Die 96 plekke wat ek gespring het, is net die regte medisyne op die regte tyd.

“Daar is vanjaar 16 toernooie wêreldwyd waar gestremde spelers die kans kry om hul posisies op die WR4GD-ranglys te verbeter. Indien ek my reisuitgawes kan dek, glo ek dat ek teen die einde van die jaar onder die voorste tien spelers ter wêreld kan wees,” vertel Wood met trots.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!