Woolies groei steeds markaandeel met kos
Woolies groei steeds markaandeel met kos

Woolies groei steeds markaandeel met kos

Woolworths se aanlynverkope het met 7,7% gestyg en verteenwoordig nou amper 20% van totale verkope.
Nellie Brand-Jonker - Woolworths Food se verkope het sedert einde Junie met 8,8% gestyg en sy markaandeel verhoog.

Die groei in verkope is deels weens prysverhogings van 5,4% en nuwe winkels. Sy verkope in vergelykbare winkels (uitgesluit nuwe winkels) het egter met 6,5% gestyg wat beteken meer artikels is verkoop.

“Die onderneming het positiewe volumegroei volgehou en groei steeds sy markaandeel,” word in die handelsoorsig gesê.

Die prysverhogings is vergeleke met die gemiddelde 1,8% waarteen sy pryse in die boekjaar tot einde Junie gestyg het.

Die groep het in ’n handelsoorsig vir die 20 weke sedert jaareinde gesê sy verkope van klere het met 2,8% gestyg in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk. Dit is grootliks danksy ’n gemiddelde prysverhoging van 3,4% en nuwe winkels. In vergelykbare winkels het verkope met 3,1% gestyg wat beteken sy volumes het nie werklik gegroei nie.

Sy omsetgroei is egter beter as dié van die Retail Liaison Committee (RLC) wat die inligting van 17 winkelgroepe insluit.

Sy klere het in die laaste helfte van sy boekjaar begin verbeter nadat ’n teleurstellende eerste helfte ervaar is.

Die groei wat in die 20 weke aangemeld is, is egter swakker as die 5,5% waarteen dit in die tweede helfte gegroei het.

Ook met klere was sy prysbeweging hoër as vir die boekjaar tot einde Junie van 2,5%.

Verkope in Australië by David Jones het nog skerper gedaal as wat vir die volle boekjaar aangemeld is. Verkope het met 2,1% gedaal.

Dit word toegeskryf aan die ontwrigting by sy belangrike Elizabeth Street-winkel wat eers teen Maart 2020 afgehandel gaan word. In vergelykbare winkels het verkope met 0,7% gedaal.

Aanlyn het verkope baie sterk met 68% gestyg. Dit verteenwoordig nou 10% van totale verkope.

Verkope van die Country Road-groep het ook skerp met 4,7% gedaal, maar dit word toegeskryf aan die besluit om nie meer van sy klere in die afdelingswinkels van Myer te verkoop nie. In vergelykbare winkels het sy verkope met 0,7% gestyg, insluitende aanlyn verkope.

Sy aanlyn verkope het met 7,7% gestyg en verteenwoordig nou amper 20% van totale verkope.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!