• Tuisblad
  • Sake
  • Woolies misgis hom wéér met klere vir vroue
Woolies misgis hom wu00e9u00e9r met klere vir vroue
Woolies misgis hom wu00e9u00e9r met klere vir vroue

Woolies misgis hom wéér met klere vir vroue

Woolworths moes die afgelope ses maande meer uitverkopings en spesiale promosies aanbied om sy omset te verbeter.
Nellie Brand-Jonker - Woolworths se koswinkels het in die afgelope halfjaar die grootste deel van die groep se wins bygedra, terwyl sy klere­winkels teleurgestel het.

Woolworths Foods se wins voor belasting het skerp met 15,9% tot meer as R1,06 miljard gestyg in die halfjaar tot 24 Desember. Dit is nadat verkope stewig met 9% tot R14,4 miljard gestyg het.

Volgens Ian Moir, uitvoerende hoof van die groep, is dit beter as die res van die mark, wat beteken hulle wen markaandeel.

Die interne inflasie was 4% tot 5% in die ses maande. Dit sal na verwagting in die huidige halfjaar omtrent dieselfde wees.

Dit het 'n positiewe invloed op verkope gehad. “Ons het gevind terwyl inflasie gedaal het, het volumes gestyg.”

Rokkies te kort

Woolworths se klerewinkels in Suid-Afrika het swakker as die res van die mark gevaar en verkope het met 0,2% tot R7,2 miljard gedaal.

Klante het remme aangeslaan met inkopies en die verkope van klere, nuwe winkels uitgesluit, het met 3,4% gedaal.

Meer promosies en uitverkopings moes gehou word.

Dit het die afdeling se wins voor ­belasting met 13% of R195 miljoen tot R1,03 miljard afgetrek.

Moir sê die vertoning van die klere­winkels hou met swak verkope van vroueklere verband.

Die afdeling het foute gemaak met die modes vir vroue van 35 tot 55 jaar wat nie die klassieke klerereeks wil dra nie, maar meer modebewus is. “Die klere was te jeugdig vir hulle – hemde en rompe was te kort.”

Veral die Edition-reeks het swak gevaar. Dit maak omtrent 'n derde van verkope van vroueklere uit.

“As ons dit regkry, gaan die v­ertoning herstel. Ek dink die ouens het net 'n bietjie vergeet wie hul klante is.” Mode­ontwerp was nie belangrik genoeg in die klerewinkelafdeling in Suid-Afrika nie. Dit is nou versterk met die aanstelling van 17 ­ontwerpers en nog 17 wat binnekort aangestel sal word. Hy sê die afdeling se wins sal nie verder daal nie.

Afskrywing

Die swak vertoning van die klere­winkels in Suid-Afrika en van David Jones in Australië het 'n uitwerking op sy wins gehad.

Die Woolworths-groep het 'n verlies van R4,8 miljard in die halfjaar gely nadat hy 'n groot deel van sy ­belegging in David Jones in Australië afgeskryf het.

Netwerk24 het in Januarie berig 'n derde, of R6,9 miljard, van sy reusebelegging van vier jaar gelede, is ­afgeskryf.

David Jones se verkope het weens swak toepassing van besluite met 3,8% gedaal.

Woolworths se dividend is 108,5c per aandeel, 18% laer as die 133c per aandeel in die ­ooreenstemmende tydperk die vorige jaar. Nadat die ­resultate bekend gemaak is, het die aandeelprys in 'n stadium met 4% gestyg. – Netwerk 24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!