Woolies stel mode-ghoeroe op direksie aan
Hanlie Stadler – Woolworths, wat die afgelope paar jaar net nie die kol kon tref met sy klere-aanbod nie, het nou een van die wêreld se voorste modekenners nader gehark.
Belinda Earl is as ’n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur van Woolworths aangewys, ’n rol wat sy van 1 Julie sal beklee.
Earl is tans styldirekteur vir die Britse kleregroep Marks and Spencer en was al voorheen uitvoerende hoof van die modehuis Jaeger en die afdelingswinkel Debenhams.
Sy is in 2017 bekroon met die eretitel offisier in die Orde van die Britse Ryk (OBE) vir haar bydrae tot Brittanje se kleinhandelsektor en dien in die Britse moderaad.
Sy het selfs haar eie Wikipedia-blad.
Woolworths se klereverkope het die afgelope twee boekjaar gedaal. Hoewel die swak ekonomie klereverkope by alle kleinhandelaars onder druk geplaas het, het Woolworths self toegegee sy klere het nie aanklank gevind by kopers nie.
Die groep het in 2018 aangekondig hy gaan die klere van sy Australiese filiaal David Jones in Suid-Afrika eerder onder sy eie Classic Collection-handelsnaam herverpak in Suid-Afrika.
Woolworths se aandeelprys het Donderdagoggend skuins voor 10:00 met 1,07% tot R47,90 gedaal. Dis skerper as die 0,63%-daling van TFG (Foschini, Totalsports, Donna), terwyl Truworths met 0,51% gestyg het en Pepkor se aandeelprys onveranderd was. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie