Woolworths blaas aftog in Ghana
Die lang bestelling-tot-afleweringstyd en die tropiese klimaat het die onderneming onvolhoubaar gemaak.
Nellie Brand-Jonker en Bloomberg – Woolworths het ook nou die aftog geblaas in Ghana en sy twee klerewinkels daar gesluit.
Dit is ses jaar nadat hy hom aan nog ’n land in Wes-Afrika, Nigerië, onttrek het weens hoë huurkoste, invoertariewe en probleme met sy verskaffingsketting.
“Die besluit om die winkels in Ghana te sluit kom nadat ons bevind het die lang bestelling-tot-afleweringstyd en die tropiese klimaat het die onderneming daar nie meer kommersieel volhoubaar gemaak nie,” het ’n woordvoerder by navraag gesê.
Volgens Woolworths het hy nog in 10 lande in die res van Afrika winkels. Die lande is Botswana, Namibië, Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Mauritius, Tanzanië, Uganda, Kenia en Zambië.
In die jaarverslag tot einde Junie 2018 het Woolworths gesê hy het 86 winkels in die res van Afrika gehad.
Dit was een minder as die vorige boekjaar. Einde Junie 2015 het die groep 91 winkels gehad.
“Die Oos-Afrika-streek het steeds die vinnigste groeiende ekonomieë. Ons verwag dat ons grootste geleenthede vir groei uit die lande gaan kom, veral Kenia en Mauritius.
“
Ons fokus in die res van Afrika was om sake in Suider-Afrika te konsolideer waar ons gefokus het daarop om winkels uit te brei; op te knap; te verskuif na beter liggings en om vlagskipwinkels te skep.”
Bloomberg het eerste berig die winkels sluit in Ghana. Volgens Bloomberg het Woolworths te kenne gegee hy ervaar nog “gesonde groei” in die meerderheid van die ander lande in die res van Afrika waar hy bedrywig is.
Suid-Afrikaanse winkelgroepe en restaurante het wisselende resultate gelewer in Ghana – selfs al het die land ’n lewendige ekonomiese groei. Ghana se ekonomie gaan na verwagting vanjaar teen 6,8% groei – die derde agtereenvolgende jaar waarin dié groei behaal word.
Sedert 2017 het Truworths en Famous Brands daar winkels gesluit.
Massmart en Shoprite het egter meer winkels geopen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie