Woord-prentjies in volkleur bekoor
Woord-prentjies in volkleur bekoor

Woord-prentjies in volkleur bekoor

Lloyd Zandberg
Petro Hansen is goed gevestig as rubriekskrywer.

Maar die ding met rubrieke is dat hulle te vinnig verby die gesigsveld beweeg.

Soms is dit ’n geval van: “Ek het anderdag hierdie stukkie gelees, in een of ander koerant, ek kan nou nie onthou wie het dit nou weer geskryf nie, ek wens ek het dit gebêre . . .”

Daarom is dit so waardevol om ’n bundel in die hande te kry waarin ’n heerlike versameling rubrieke byeengebring is om te kan lees en weer te kan terugblaai om te geniet.

Die titel – Vervleg – is inderdaad baie goed gekies.

Petro vleg gedagtes oor alles van vakansieherinneringe en Bosveldstaaltjies tot besinning oor die hoop of hopeloosheid van die tyd waarin ons ons bevind, grasieus bo-oor en onderdeur mekaar in hierdie bloemlesing.

Die temas strek wyd, maar aangesien haar stem deurgaans onmiskenbaar haar eie bly raak dit nie lukraak nie.

Sy bevind haar net so tuis in stof as in sproeireën, en sy maak sonder moeite haar leser gemaklik saam met haar.

Enkele bladsye van mekaar af vertel sy onder meer van ’n “woestynskouspel” – die Bray-July, ’n perderesies in die middel van die Noordwesvlakte – en dan net ’n storie of twee verder, van ’n besoek saam met haar bejaarde ma aan Babylonstoren.

Albei vertellings ewe outentiek en sonder fieterjasies. Sy bevind haar net so tuis in stof as in sproeireën, en sy maak sonder moeite haar leser gemaklik saam met haar.

Die ander ding van rubrieke is dat hulle eintlik klein, smaaklike happies is wat bedoel is om gedeel te word.

Daarom is ek nie heeltemal seker wat ek met Vervleg wil doen noudat ek dit gelees het nie.

Om dit net op my boekrak te sit, sal ’n skande wees. Ek dink dit hoort heel bo-op die hoop koffietafelboeke in my woonkamer. Want elke kort bydrae lees soos ’n foto-artikel in die kleine: volkleur-woordprentjies vol teks-tuur en betekenis.

’n Heerlike geskenk op die koop toe.

Clari Niemand is ’n vryskutresensent van Pretoria. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!