Woord van die week
Valentynsdag s.nw.
Dag in Februarie waarop 'n kaartjie gestuur word aan iemand van wie jy hou of vir wie jy lief is.
Valentynsdag is vernoem na die heilige Sint Valentyn wat op 14 Februarie herdenk word. Die feesdag van Sint Valentyn is verbind aan die Romeinse fees van die Lupercalia waarop ongetroude vrouens hulle wens om te trou, kon uitspreek. Hulle name is op potskerwe geskryf en in 'n kruik gegooi waaruit die mans dan vir hulle lootjies getrek het. Die Eng. kerk het eeue later die seremonie afgewater tot die stuur van liefdesbriewe en dit simbolies verbind aan die tyd van die jaar wat die voëls begin paar.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie