Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

die kloutjie by die oor bring idiomatiese uitdrukking Sake, dikwels uiteenlopende of teenstrydige sake, met mekaar in verband bring: Hier was die oplossing vlak onder hulle neus ... às hulle maar net die kloutjie by die oor kon kry! (Standpunte, Aug. 1961, 44).

Die uitdrukking word teruggevoer na ‘n gedig van ongeveer 1854 van die Duitse digter Fritz Reuter waarin die koetsier die majoor se storie moes beaam dat hy ‘n bok met een skoot deur die klou en die oor geskiet het. Die koetsier het toe met die verklaring gekom dat die bok besig was om met sy kloutjie agter sy oor te krap toe die skoot afgaan.

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!