Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

min dae gespesialiseerde uitdr. (weermagtaal) (ter bemoediging) Daar is min dae van diensplig of opleiding oor: Vasbyt! Min dae.

lelie s.nw., lelies; lelietjie. (weermagtaal) Tregtervormige vertikale pyp in die grond wat as urinaal gebruik word: In die weermag is dit algemeen om tydens veldoefeninge die lelie te gebruik. ˜ Dit was 'n warm dag en so beweeg die besoekers deur die basis — van Ops-kamer tot ... oeps, die "funnels" — oftewel "lelies" — 'n ry daarvan (Paratus, Des. 1989, 12).

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer