Woord van die Week
kokkedoor s.nw., kokkedore. (waarskynlik skertsend ontstaan uit Frans coq d'or "haan van goud", 'n Franse prestasietoekenning in die joernalistiek en restourantwese)
Belangrike persoon, veral iemand van gesag of invloed op grond van sy amp of prestasies — dikwels spottend of neerhalend gebruik met die bygedagte dat die persoon grootdoenerig of vertonerig is, of spesiale behandeling verwag vanweë 'n oordrewe voorstelling van eie belangrikheid: Hy is een van die grootste kokkedore in die rolprent- en teaterwêreld van die Goudstad (J. Beukes Grille, 1953, 80). Jy hoef hom nie jammer te kry nie. Hy was nog altyd die groot kokkedoor onder die nooiens! (S. Roux: Vlam, 1961, 92).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie